u2018Sirkus het nooit vir permitte aansoek gedoenu2019
u2018Sirkus het nooit vir permitte aansoek gedoenu2019

‘Sirkus het nooit vir permitte aansoek gedoen’

Die omgewingsministerie het bevestig die McLaren-sirkus het vrystelling van permitaansoeke vir hul diere versoek, wat afgekeur is.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Nadat die McLaren-sirkus van Suid-Afrika aangekondig het hul Namibiese toer is tot 2020 uitgestel, het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme bevestig geen aansoeke vir dierepermitte is deur dié sirkus ingedien nie.

Die McLaren-sirkus het vandeesmaand op hul Facebook-blad aangekondig hul toer na Namibië is weens die noodtoestand oor die droogte uitgestel.

"Vir die veiligheid van ons diere en om nie druk op die land se waterstelsel te plaas nie, het ons die ingeligte besluit geneem om ons Namibiese toer uit te stel," het die skakelbeampte van die sirkus, mnr. Karl Hildebrandt, op hul Facebook-blad geskryf.

"Ons was baie opgewonde om Namibië vir ons opwindende 2019-sirkusprogram te besoek. Alle papierwerk, permitte en reisroetes is in orde," skryf Hildebrandt.

"Ons verseker die burgers van Namibië dat ons in kontak met al die nodige ministeries en departemente is om te verseker dat ons toer na jul pragtige land sal voortduur sodra die droogte verby is en wanneer ons op pad is na jul land."

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het aan Republikein bevestig die McLaren-sirkus het nooit vir hul dierepermitte aansoek gedoen nie, maar wel vir die vrystelling daarvan.

"Die sirkus het inderdaad vir die vrystelling van die permitaansoeke van hul diere versoek, wat die ministerie van die hand gewys het. Hulle moet vir die wilde diere wat onder die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) val, by ons ministerie aansoek doen en vir die ander diere by veeartsenydienste van die ministerie van landbou, water en bosbou," het hy gesê.

Die wilde diere in die sirkus is onder meer Bengaalse tiere, wit Bengaalse tiere, leeus, wit leeus, krokodille, kamele en luislange.

Muyunda het bygevoeg "om permitte aan 'n sirkus met diere toe te staan, sal Namibië se goeie internasionale beeld as omgewingsbewuste land, skade berokken".

Die McLaren-sirkus se Namibiese vennote, Yin Yang Investments, het op hul Facebook-blad geskryf dat die sirkus in die eerste kwartaal van 2020 na Namibië sal kom.

Die adjunkminister van nasionale beplanning, mnr. Piet van der Walt, het aan Republikein gesê hy gooi in sy persoonlike hoedanigheid sy gewig agter die diereregtekampvegters Namibians Against Animals in Circuses.

"Ek ondersteun die veldtog dat Namibië die eerste land in Afrika word wat diere in sirkusse verbied. Ek gee ook raad aan Namibians Against Animals in Circuses hoe om hierdie kwessie onder die Namibiese regering se aandag te bring," het hy gesê.

Die McLaren-sirkus het nie op versoeke vir kommentaar gereageer of bewyse van permitte verskaf nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065