Siriu00eb: Vergelyk tussen Turkye, Rusland u2018keer oorlogu2019
Siriu00eb: Vergelyk tussen Turkye, Rusland u2018keer oorlogu2019

Sirië: Vergelyk tussen Turkye, Rusland ‘keer oorlog’

Ooreenkoms het aanval verhoed
Die rebelle-beheerde Idlib-streek en aangrensende gebied noord van Aleppo is die opposisie se laaste vesting in Sirië.

Turkye sal nog soldate na Sirië se Idlib-provinsie stuur nadat daar ’n ooreenkoms met Rusland bereik is. Dit sal ’n offensief deur die regering voorkom en die rebelle, wat dié gebied uit pres. Basjar al-Assad van Sirië se hande wil hou, vir eers gelukkig hou.

Ingevolge die ooreenkoms wat Maandag deur die Russiese president, Wladimir Poetin, Assad se magtigste bondgenoot, en die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan bekend gemaak is, sal ’n gedemilitariseerde sone geskep word van waar radikale rebelle teen die middel van volgende maand onttrek sal word.

Damaskus het dié ooreenkoms verwelkom, maar het ook te kenne gegee daar sal steeds gepoog word om “elke duim” van Sirië terug te kry.

Iran, Assad se ander groot bondgenoot, het gesê dat dié “verantwoordelike diplomasie” ’n grootskaalse oorlog in Idlib verhoed het “met ’n vaste verbintenis om ekstremistiese terreur te beveg”.

Die ooreenkoms tussen die twee lande het ’n dreigende aanval verhoed. Die Verenigde Nasies het vroeër gewaarsku dat so ’n aanval ’n humanitêre katastrofe in die Idlib-streek, die tuiste van bykans drie miljoen mense, sal beteken.

Die rebelle-beheerde Idlib-streek en aangrensende gebied noord van Aleppo is die opposisie se laaste vesting in Sirië.

MILITêRE BYSTAND

Assad het die meeste van die gebiede wat eens deur die rebelle beheer is, teruggeneem met die militêre bystand van Rusland en Iran. Sy planne om dieselfde in die noordwestelike deel van die land te doen, is sover in die wiele gery deur Turkye se rol op grondvlak daar. Turkse soldate is in 12 verskillende gebiede in Idlib teenwoordig en verskaf wapens aan sommige van die rebellemagte.

Met die nuutste ooreenkoms wil dit nou voorkom asof Rusland sy bande met Turkye belangriker ag as die doelwit om die ganse Sirië weer onder Assad se beheer te kry. Dié doelwit word ook bemoeilik deur die teenwoordigheid van Amerikaanse militêre magte in dié gedeelte van Sirië oos van die Eufraatrivier. Die gebied word deur ’n alliansie tussen Koerde en Arabiese militantes beheer, sowel as vanaf ’n basis naby die grens met Jordanië en Irak.

In sy reaksie op die ooreenkoms tussen Rusland en Turkye, het Jim Mattis, die Amerikaanse minister van verdediging, gesê Idlib is een van die mees komplekse kwessies om op te los. “Ek is egter seker nie alles is opgelos nie,” het Matis oor die ooreenkoms aan joernaliste by die Pentagon gesê.

Die Siriese regering verwelkom, luidens ’n verklaring van die staatsmedia, enige ooreenkoms wat bloedvergieting voorkom. Die regering het ook gesê die ooreenkoms moet binne ’n spesifieke tydperk gestalte vind, maar het nie meer daaroor gesê nie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%