Sirene loei uit Gauteng
'n Mens wonder wat sal gebeur indien 'n brand in 'n groot Windhoekse gebou uitbreek soos op 5 September in Johannesburg se middestad gebeur het.
Minstens in Windhoek is die hernuwing van klaringsertifikate al van voor die drama in Suid-Afrika nou aan die streng nakoming van alle brandbestrydingsregulasies onderworpe. Besighede en woonkomplekse word geraak en waar nodig moet nuwe beleggings plaasvind om toetse te slaag.
Wat byna twee weke gelede in Gauteng gebeur het, moet bykomend hiertoe alle plaaslike belanghebbendes laat regop sit.
Strenger wetstoepassing is belangrik, hoewel 'n openbare aankondiging en redelike grasietydperk dalk beter administratiewe praktyk sou wees. Dit is jammer die munisipaliteit van Windhoek wou nie in groter besonderhede reageer nie.
Teen die agtergrond is dit 'n ope vraag wat die uitslag in 'n plaaslike oudit sal wees. In Namibië kan só 'n speurtog die private sektor insluit.
Ook hier was die afgelope aantal jare verwoestende brande op kleiner dorpe. Toringgeboue hou selfs groter gevare in.
Hoeveel geraaktes – veral ook die staat – voldoen aan die reëls, beskik oor ontruimingsplanne wat gereeld geoefen word en kan noodsaaklike inligting teen vernietiging beskerm? SHE (wetlike eise oor veiligheid, asook gesondheid en die omgewing in die werksplek) is geen leë modewoord nie.
Ons kan nie wag tot rampe, lewensverlies en groot skade onvoorbereidheid aan die kaak stel nie.
So sê ander
17 September 2018
Beeld sê
'n Gebrek aan instandhouding van infrastruktuur in dorpe en stede landwyd het die ANC-bewind sedert 1994 gekenmerk.
Noodsaaklike instandhouding is dikwels as 'n mors van tyd en geld bestempel en dat dit mense uit hul (belangriker) werk hou.
In Johannesburg het die dood van drie brandweermanne in 'n verwoestende brand in 'n staatsgebou in die middestad hierdie werklikheid tragies by die owerhede tuisgebring.
Die provinsiale regering het nou 'n komitee aangewys om alle staatsgeboue te ondersoek en sentrale koördinering van geboue se veiligheidspraktyke teweeg te bring. Dis te verwelkom, maar tegelyk is dit hopeloos te min te laat.
Gebrekkige brandweerdienste oor Suid-Afrika heen en veral in die platteland is 'n groot bron van kommer.
'n Deeglike landwye oudit van die stand van geboue en brandweerdienste en dringende regstellende optrede kan nie langer uitgestel word nie.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie