Sioka as verleentheid beskou
Sioka as verleentheid beskou

Sioka as verleentheid beskou

Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn sê mans moet hulle tot enkellopende vroue wend – nie verkragting nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, is in die pekel oor opmerkings wat sy Dinsdag in die openbaar gemaak het.

Sioka het op Internasionale Menseregtedag en Vrouedag gesê Namibië het meer vroue as mans.

Daarom, het sy gereken, moet mans eerder verhoudings met enkellopende vroue aanknoop of met hulle trou, pleks van vroue verkrag.

Sy, byvoorbeeld, verteenwoordig enkellopende vroue, het sy aan die skare gesê.

Visepresident Nangolo Mbumba en eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila was in die gehoor.

Sioka het by dié geleentheid buite die Ou Lokasie-begraafplaas ook haar lyf seremoniemeester gehou.

’n Senior regeringsamptenaar het op voorwaarde van anonimiteit gesê: “Ek was uiters teleurgesteld met die seremoniemeester. Trouens, behalwe die visepresident, wat ek dink sy toespraak kortgeknip het weens die verleentheid, en behalwe vir die VN-verteenwoordiger, het die ander leiers hulle power van hul taak gekwyt. So baie verwarring en ongevraagde uitlatings.”

Volgens Sioka is geslagsgegronde geweld “’n ernstige ding. Ons moet dit stopsit. Hoekom kan julle nie trou nie? Hoekom kan jy nie ’n meisie vat nie? Hoekom verkrag? Hoekom kan jy nie jou geluk probeer nie?”

Mans, meen sy, is nie langer mans nie maar lafaards. “Dis regtig nie regverdig nie. Namibiese mans, verander. Moet ons nie doodmaak nie. Moet ons nie verkrag nie.”

In teenstelling met me. Rachel Odede, die Verenigde Nasies (VN) se verteenwoordiger in Namibië, het Mbumba nie na seksuele oriëntasie verwys as ’n rede waarom diskriminasie verbied word nie.

Die visepresident het wel gesê dit was ’n moeilike dag om ’n man te wees.

Odede het op haar beurt ook gesê die gebrek aan data om ’n geheelbeeld van geslagsgegronde geweld in Namibië te bied, is ’n struikelblok.

Hierop het Sioka geantwoord: “Ons hoor; ons luister. Ons sal ons sokkies optrek.”

In reaksie op ’n reeksverkragter se skuldigbevinding verlede jaar het Sioka gesê selfs die Bybel is gekant teen verkragting.

Wat sy nie verstaan nie, is hoekom mans nie eerder met vroue trou nie in plaas daarvan om hulle te verkrag, het sy toe ook by navraag aan Republikein gesê.

Sy was egter gou om wal te gooi dat sy wel kennis daarvan dra dat mans ook hul vroue kan verkrag. “Ek weet van twee sulke gevalle.”

Dít, sê sy, gebeur wanneer mans, sonder om met vroue te kommunikeer, “net op hulle spring”.

Gister het sy beweer sy dra geen kennis van enige sulke voorvalle nie. “Ek het geen bewyse van mans wat hul vroue verkrag nie.”

Sioka was verstom dat haar opmerkings Dinsdag nie in ’n goeie gees ontvang is nie. “Wil hulle (vroue) verkrag word?” wou sy weet.

Niemand het by die geleentheid aangedui hulle is ongemaklik met haar uitlatings nie, sê sy. Die waarheid is talle het haar gelukgewens met wat sy alles kwytgeraak het, sê sy.

Boonop, sê sy, is dit nie die eerste keer dat sy mans aanraai om eerder met vroue te trou pleks van te verkrag nie. “Daardie stelling is ’n ou stelling. Verkies hulle (mans) om te verkrag in plaas daarvan om te trou?”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%