Simmentaler-strydros Reini Rusch sterf
Simmentaler-strydros Reini Rusch sterf

Simmentaler-strydros Reini Rusch sterf

Die bekende en geliefde mnr. Reini Rusch van die plaas Lichtenstein het weens hartversaking gesterf.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië het een van die vaders van die Simmentaler-beesras en 'n man wat oor dekades diep spore in die land se vleisbedryf getrap het, verloor.

Mnr. Reinhard (Reini) Rusch van die plaas Lichtenstein-Wes buite Windhoek is verlede Maandagaand aan hartversaking dood. Hy was 81 jaar oud.

Sy betrokkenheid by die Simmentaler in Namibië as teler, beoordelaar en rasbevorderaar streek oor meer as vyf dekades.

Daarbenewens was hy vanaf Meatco se totstandkoming in die middel-tagtigerjare tot 2001 voorsitter van die direksie. Hy het ook ná onafhanklikwording help skryf aan die Wysigingswet op Lewendehaweverbetering, nr. 25 van 1993.

Verder was hy 'n interras-beoordelaar en het gereeld kursusse aangebied en nuwe beoordelaars opgelei.

Rusch het ook 'n groot bydrae tot die verbetering van prestasietoetsing van stoetvee gelewer.

Verder het hy nege jaar lank in die bestuur van die Namibië Beroepsjagtersvereniging (Napha) gedien en was hy vir sewe jaar die voorsitter van die Natuurbewaringsraad.

“Rusch het buitengewone leiding gegee om Meatco voor, tydens en ná onafhankwording te rig om 'n hoogs mededingende en ­suksesvolle maatskappy in Afrika te word.

“Dit sluit in die rasionalisering van slagkapasiteit deur die sluiting van die abattoirs op Otavi en Gobabis en die verskuiwing van die fokus na bedrywighede in Windhoek, Okahandja, Oshakati en Katima Mulilo, asook die opgradering van die oorblywende kapasiteit na gelang van die markvereistes,” sê mnr. Paul Strydom, uitvoerende bestuurder van die Vleisraad van Namibië.

“Meatco is gestig om in die behoeftes van produsente te voorsien deur fabrieke van regoor die land in een organisasie saam te bring. Een van die kernbeginsels was om elke fasiliteit wat Meatco besit, vir produsente toeganklik te maak,” het Rusch by geleentheid by 'n jaarvergadering van Meatco gesê.

Strydom sê hy sal hom onthou vir sy lojaliteit en integriteit. “Hy was 'n uiters goeie strategiese denker en is as sodanig dikwels as klankbord gebruik om antwoorde op moeilike besluite te formuleer,” sê hy.



PIONIERFAMILIES

Die Rusche is een van die oudste pionierfamilies in die land.

Rusch se oupa, Ernst Rusch, was een van die 21 Schutztruppe wat in 1889 saam met Curt von Francois by Sandvishawe voet aan wal gesit het om Duitse belange in dié droë land te kom beskerm.

Hy was 'n botanis met 'n intense liefde vir die plant- en natuurlewe en het in 1893 die plaas Lichtenstein gekoop. Dié jaar is die eerste vyf Simmentalers toevallig ook uit Europa na die kolonie ingevoer.

“My oupa het twee jaar later, in 1895, sý eerste beeste uit Europa ingevoer met die doel om die inheemse beeste geneties te verbeter. Van die vier of vyf rasse wat hy ingevoer het, was dit egter die Simmentaler wat die beste aangepas het,” het Rusch in 'n vroeëre onderhoud vertel.

In 1964, met 'n landbougraad (Universiteit van Pretoria) in die sak én 'n hoogs leersame studietydperk in Duitsland agter die blad, het hy saam met sy pa, Georg, begin boer.

“Daardie eerste jare in die boerdery was wonderlike tye. Boere het al meer begin wegstuur van 'die bul en die windpomp'-beskouing na 'n meer wetenskaplike benadering.

“Ek het in daardie jare omgesien na 'n stoet bestaande uit nagenoeg 300 koeie. Dit was die grootste Simmentaler-stoet in die land,” het Rusch vertel.

Hy het in sy Lichtenstein Simmentaler-stoet sterk op vrugbaarheid gefokus. Koeie is baie streng geselekteer en geen toegewings is gemaak nie – 'n beginsel wat van hom 'n baie suksesvolle teler gemaak het.

Rusch laat sy vrou, Marlies, sy seun René en sy twee dogters, Bianca Lueesse en Yvonne Schnoor, agter.

Lueesse sê reëlings vir sy roudiens en begrafnis is nog nie gefinaliseer nie. “Maar ons sal hier op die plaas 'n roudiens vir hom hou.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%