Simboliek van die Voortrekkermonument

13 October 2005 | Kollig
Die monument is gebou as \'n huldeblyk aan die Voortrekkers, wat hulle kultuur na die binneland gebring het en daarom vorm orde, meetkundige presiesheid en simmetrie deel van die ontwerp van die monument. Die simboliek is soos volg:
Hek: Die assegaaie stel die mag van Dingaan voor.
Laermuur: \'n Laermuur van 64 waens verleen simboliese beskerming aan die monument.
Hoekfigure: Die vier hoekfigure, naamlik Piet Retief, Andries Pretorius, Hendrik Potgieter en die onbekende Voortrekkerleier, vorm \'n simboliese erewag.
Vrou-en-kinderbeeld: Hierdie beeld is simbolies van die kultuur en Christendom wat deur die vroue op die Groot Trek gehandhaaf en uitgebou is.
Swartwildebeeste: Simbolies van Dingaan se krygers.
Driehoekige lys: Bo-om die monument is \'n lys van driehoekvormige depressies. Dit simboliseer vrugbaarheid. Die kulturele nalatenskap van die Voortrekkers moet groei.
Buffelkop: Die buffel is die gevaarlikste verdediger in die Suid-Afrikaanse dierelewe. Hierdie buffelkop verdedig die monument simbolies teen aanslae van buite.
Senotaaf: (Kenos - leeg, taphos - graf). Dit is die somboliese rusplaas van Piet Retief en al die Voortrekkers wat tydens die Groot Trek gesterf het.
Sonstraal: In die boonste koepel van die monument is \'n opening waardeur die son skyn. Elke jaar op 16 Desember (die dag van die Slag van Bloedrivier) om twaalf-uur skyn die sonstraal op die woorde \"Ons vir jou Suid-Afrika.\" Die woorde kom uit die Stem van Suid-Afrika. Die sonstraal is simbolies van God se seën wat op die werk en strewe van die voortrekkers gerus het.
Vloer: Die heldesaal se vloer is met wyer wordende kringe marmer uitgewerk, met die senotaaf as uitgangspunt. Hierdie ontwerp, wat watergolfies voorstel nadat \'n klip in die water gegooi is, word wyer totdat dit die hele gebou vul. Dit simboliseer die verspreiding van die gees van opoffering wat van die Voortrekkers uitgegaan het, totdat die gevolge daarvan die hele land gevul het.
Koepels: Bokant die heldesaal is \'n koepel met \'n groot ronde opening in die middel, wat deur \'n tweede koepel oortop word. Die omvang van die groot daad van die Voortrekkers word deur die boonstel koepel aangedui. As die lyne van hierdie koepel deurgetrek word, sou dit die hele monument in een groot sirkel omvang.
Vlam: Simbolies van die vlam van beskawing wat in Suid-Afrika brand.

Soortgelyk

 

Air Nam in nagtelike ure hof toe oor lisensie

6 minute gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery kon laasnag daarin slaag om 'n bevel in die hoërhof te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië se besluit...

Fishrot: Geen borg, eis ACC

8 ure gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

8 ure gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

8 ure gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...