Simataa bekommerd oor kubermisdaad
Simataa bekommerd oor kubermisdaad

Simataa bekommerd oor kubermisdaad

LP’s het verlede week uitgevaar teen onder meer aanlyn privaatheidskendings.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, sê die prys van tegnologie is aanlyn misdaad.

Hy het verlede week in die Nasionale Vergadering (NV) gesê: “Internetgebruikers is blootgestel aan die veiligheidsrisiko’s om deel te wees van ’n groot netwerk.”

Dit is nie net sakeondernemings wat bedreig word nie, individue word ook geraak, het Simaata gemaan.

Sy kollega, die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het hom gelyk gegee.

Nujoma het dit veral teen privaatheidskendings wat tegnologie teweeg bring. “Die behoefte om privaatheid te respekteer, is baie belangrik. Dit móét beskerm word.”

Hy het sê hy is veral bekommerd oor onstellende beeldmateriaal wat via WhatsApp die ronde doen.

Onlangs het ’n kollega foto’s van geskende liggame met hom gedeel wat hom erg ontstel het, het Nujoma gesê.

Simataa is van mening dat “ons ons waardes verloor het” en het te velde getrek teen die misbruik van persoonlike inligting – ’n gebruik wat hy as oneties bestempel.

Die kommunikasieminister sê ondanks die voordele wat die digitale rewolusie inhou, moet die regering met beleid vorendag kom wat die gepaardgaande risiko’s takel. “Kubermisdaad is ’n groot bron van kommer, veral vir wetstoepassers.”

’n Land kan net kubermisdaad beveg as álmal saamwerk om dié euwel te bekamp, sê Simataa.

Hy sê die Afrika-unie (AU) het die handves vir kuberveiligheid en persoonlikedatabeskerming aanvaar in ’n poging om van die uitdagings die hoof te probeer bied.

Volgens Simaata het die handves ten doel om noodsaaklike veiligheidsreëls in werking te stel om te help om ’n geloofwaardige digitale omgewing te vestig.

Die handves sal ook fokus daarop om wetgewing te ontwikkel wat lidlande van die AU in staat sal stel om regtens met die uitdagings om te gaan, sê hy.

Simataa sê die handves beslaan vier hoofstukke, wat handel oor elektroniese transaksies en persoonlikedatabeskerming.

Hiernaas is die hoofstukke ook gemoeid met die bevordering van kuberveiligheid, die bestryding van aanlyn misdaad en prosesse en maatreëls wat monitering kan vergemaklik, sê Simaata.

Hy het die dokument verlede week in die NV ter tafel gelê.

Dít kom maande nadat ’n dagblad foto’s gepubliseer het van ’n kabinetsminister, mnr. Tjekero Tweya, waarop hy glo tydens ’n NV-sitting op ’n hofmakery-toep besig is.

Die speaker van die NV, prof. Peter Katjavivi, het onlangs joernaliste in die persgalery op die vingers getik en gedreig om hulle uit te skop as hulle die privaatheid van LP’s skend.

Die redakteursforum van Namibië (ECN) het by monde van sy waarnemende sekretaris-generaal, Ronelle Rademeyer, ’n verklaring uitgereik waarin hy met skok kennis geneem het van Katjavivi se dreigement.

Die speaker het toe op sy beurt ook ’n verklaring uitgereik waarin hy aanvoer sy vermaning is uit verband geruk.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!