Sigaretbedrog: Beskuldigde los
Een van die beskuldigdes in ’n grootskaalse sigaretbedrog- en diefstalsaak is verlede Donderdag in die hoërhof vrygespreek.
Jacqueline Louw – Mnr. David Martin Bezuidenhout, ’n voormalige bestuurder van die eertydse maatskappy Indo Atlantic, is verlede Donderdag deur regter Alfred Siboleka in die hoërhof in Windhoek onskuldig bevind op 40 klagte wat hom in die gesig gestaar het.
Dié klagte het verband gehou met bedrog en diefstal met betrekking tot sigaretverkope, en het nagenoeg N$2,5 miljoen beloop.
Bezuidenhout se medebeskuldigde, Venecia Ann Koning, wat as administratiewe klerk by Indo Atlantic in diens was, is egter skuldig bevind op 18 klagte teen haar. Koning het tereggestaan op 36 klagte van bedrog, diefstal en diefstal onder valse voorwendsels. Die totale bedrag van die bedrog waaraan sy skuldig bevind is, is N$1 690 220.
Siboleka het in sy uitspraak gesê Bezuidenhout kon nie verbind word met enige oortreding op die klagtes teen hom nie. Koning kon egter met bedrog verbind word in sommige van die klagte as gevolg van getuienis, insluitende die getuienis van ’n sagtewaredeskundige, wat voor die hof gelewer is.
Dit was die staat se saak dat die twee tussen Oktober 2006 tot Augustus 2007 bedrog by Indo Atlantic gepleeg het.
Regter Siboleka het in sy uitspraak genoem verskillende modi operandi is deur die twee beskuldigdes gebruik om geld en/of sigaretvoorrade van Indo Atlantic te steel.
In sommige gevalle het Bezuidenhout sigarette aan kliënte gelewer, maar nie ’n kwitansie aan hulle uitgereik vir kontant wat betaal is nie. Volgens Bezuidenhout het hy hierdie kontant inbetaal om die vals fakture wat deur Koning gegenereer is, te dek.
In ander gevalle is dokumente vervals en die hoeveelhede voorraad wat afgelewer is, is op die fakture vermeerder. Verder is valse fakture gegenereer om diefstal en verliese aan voorraad te verdoesel.
Bezuidenhout het gedurende die verhoor getuig beide die kwitansies wat hy vir verkope ontvang het, sowel as die maatskappy se kwitansieboek, het oor die jare verlore geraak.
Koning, wat op borgtog uit was, is gister teruggeplaas in aanhouding. Betoë vir haar vonnisoplegging sal op 20 September aangehoor word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie