Sien woestyndiere by Hoanib Skeleton Coast Camp

Francoise Steynberg
Hoanib Skeleton Coast Camp is een van die vier finaliste in die Verantwoordelike Toerisme-toekennings vir 2017.

Dit is ’n pragtige kamp in ’n afgeleë gebied wat in Augustus 2014 sy deure oopgemaak het. Dit is naby die Hoanibrivier in die noordelike Kunenerivier en is omring deur berge en groot sandduine.

Hoanib Skeleton Coast Camp is in ’n private konsessie geleë wat strek van die Palmwag-gebied tot by die Skedelkus Nasionale Park. Agt tente kyk uit op die suidelike oewer van die Hoanibrivier en ’n watergat wat deur verskeie spesies van woestynwild besoek word.

Aktiwiteite sluit in wildritte in die oggend, middag of die hele dag, wat die beste geleentheid bied om die woestsynaangepaste olifante en leeus te sien, asook ander wild soos gemsbokke, springbokke, kameelperde en bruinhiënas.

Gaste wat nader aan die natuur wil wees, kan staproetes doen wat hulle die kans bied om interessante plante en kleiner diere te sien.

Weens die sensitiewe ekostelsel waarin Hoanib Skeleton Coast Camp geleë is, is dit gebou met die doel om die minste impak op die omgewing te hê.

Die hele kamp word deur sonkrag van elektrisiteit voorsien.

Die Hoanib-navorsingsentrum naby die kamp bied gaste die unieke geleentheid om navorsers oor hul studies uit te vra.

Hoanib Camp kan slegs per ligte vliegtuig van Doro Nawas af bereik word.

Reisigers wat self deur Namibië reis, moet hul voertuie by Doro Nawas parkeer en dan na Hoanib vlieg - opsigself ’n unieke belewenis.

Die ander drie finaliste is Jackalberry Lodge, Gondwana Etosha Safari Camp en Ongava Tented Camp.

Die wenner sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo aangekondig word wat op 31 Mei by die Windhoekse skouterrein sal plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!