Siektes: President besoek geraakte gebiede
Siektes: President besoek geraakte gebiede

Siektes: President besoek geraakte gebiede

Geingob wou die omstandighede van inwoners in die areas wat onder cholera en hepatitis E gebuk gaan, self waarneem.
Maria Eiseb
Maria Eiseb - ’n Presidensiële afvaardiging het Vrydagoggend die Havana-nedersetting en die Katutura-staatshospitaal besoek om hulself te vergewis van inwoners se omstandighede ná die onlangse uitbreking van hepatitis E en cholera in die omgewing.

Dié afvaardiging het ingesluit pres. Hage Geingob, dr. Bernard Haufiku, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Muesee Kazapua, Windhoek se die burgemeester, me. Laura McLeod Katjirua, goewerneur van die Khomasstreek, lede van Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) en die Verenigde Nasies (VN) se Gesamentlike MIV/vigs-program (Unaids), asook verteenwoordigers van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO).

Die geraakte gebied is sedertdien deur belanghebbendes en Windhoek se munisipaliteit opgeruim.

Kazapua en Katjirua het die president ingelig dat sowat N$17 miljoen afgestaan is aan die takeling van dié siektes.

Tydens die besoek het amptenare van Windhoek se munisipaliteit, wat die staatshoof vergesel het, beklemtoon die skending van openbare toilette lei tot blootstelling aan riool.

Dit veroorsaak dat die riool in rivierbeddings inloop waar kinders speel, en dit hou dus gesondheidsgevare in, het amptenare gesê.

Kazapua het voorts gesê die geld sal gebruik word vir die voorsiening van bykomende toilette, asook vir die herstel van bestaande ablusiegeriewe in informele nedersettings.

Mnr. Charles Sagoe-Moses, die WHO se verteenwoordiger in Namibië, het lede van die gemeenskap versoek om betrokke te wees by die bou van die bykomende toilette.

“Wanneer die gemeenskap betrokke is, sal hulle seker maak toilette word nie net gebou nie, maar dat dit ook in stand gehou word," het Sagoe-Moses gesê.

Na afloop van die besoek het Geingob die belangrikheid van basiese sanitasie beklemtoon, aangesien hepatitis E nie 'n oorerflike siekte is nie, maar deur ’n gebrek aan basiese sanitasie en higiëne veroorsaak word.

"As jy dinge agter huise doen, grawe 'n bietjie en bedek dit in plaas daarvan dat iemand anders daarin trap," het hy gesê.

Die president het gewaarsku teen die gevolge van verstedeliking en die vestiging van mense op grond waarvoor nie betaal word nie. Dit is diè mense wat deur swak sanitasie en die uitbreking van siektes geaffekteer word, het hy gesê.

“As die gebied nie deur die stad gediens word nie, kan jy nie daar woon en verwag om munisipale dienste te ontvang nie. Daar word nie daarvoor voorsiening gemaak nie, en nou is ons besig om te sterf en ons kinders sterf. Ons kan nie meer toelaat dat sulke omstandighede voortgaan nie," het hy gesê.

Geingob het die munisipaliteit en ander belanghebbendes, veral die gemeenskap wat betrokke was by die skoonmaak van die woonbuurt, vir hul goeie werk sedert die uitbreking van die betrokke siektes geprys.

Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het vyf mense tot dusver aan hepatitis E gesterf en is twee gevalle van cholera aangemeld. Verder is 488 gevalle van hepatitis E sedert Oktober verlede jaar aangemeld.

Volgens me. Petronella Masabane, waarnemende permanente sekretaris in die ministerie, wou die president die omstandighede in die geraakte gebiede self waarneem.

Die munisipaliteit beoog ook glo om verskeie bykomende gesondheidsinspekteurs in die geraakte gebiede te ontplooi.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18%