Shoprite: Redes vir hofbevel nou bekend
Shoprite: Redes vir hofbevel nou bekend

Shoprite: Redes vir hofbevel nou bekend

Nafau wen in hof nadat regter beslis dat Shoprite die reëls en bepalings van die staking ondermyn.
Kristien Kruger
Kristien Kruger



Die redes vir regter Shafimana Ueitele se hofbevel dat geen van Shoprite se niestakende werknemers die werk 'n stakende werknemer mag doen nie, is gister bekend gemaak.

Die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) het 'n dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek ingedien wat die Shoprite-groep daarvan beskuldig dat hy die reëls en bepalings van die staking ondermyn.

Die saak is Vrydagnamiddag afgehandel toe die hofbevel deur Ueitele uitgelees is. 'n Interdik is teen die Shoprite-groep toegestaan wat verbied dat enige van hul werknemers, insluitend bestuurders, seisoenwerkers of vaste termyn werkers, die werk van 'n wettige stakende werkernemer mag doen. 'n Werkgewer mag ook nie werknemers in die plek van 'n stakende werknemer aanstel nie.

Die geskil spruit uit salarisonderhandelinge aan die begin van 2020. Nadat onderhandelinge misluk het, het Nafau op 6 Junie 'n geskil van belange by die arbeidskommissaris aangemeld.

Shoprite en Nafau het op 7 ­Desember 2020 'n ooreenkoms onderteken met reëls wat die betoging sal reguleer.

Volgens die hofstukke weerspieël hierdie ooreenkoms die bepalings van artikel 76 (3) (a) en (b) van die arbeidswet wat stel dat geen werkgewer 'n niestakende werknemer sal aanstel om die werk van 'n wettige stakende werknemer te doen nie, tensy die werk noodsaaklik is om enige gevaar vir die lewe, veiligheid of gesondheid van 'n individu te voorkom.

Altesame 270 seisoenwerkers is deur Shoprite aangestel voordat die staking begin het.

Hoewel Shoprite ontken dat werknemers aangestel is om die werk van stakende werknemers te doen, het hulle nie ontken dat die nuut aangestelde werknemers en bestuurslede die werk van stakers doen nie.

“Shoprite stel elke jaar werknemers aan voor die spitstye. Shoprite het hulle, nes elke jaar, aangestel vir die feestyd wat voorgelê het,” het die Shoprite-groep se regsverteenwoordiger, adv. Tuhafeni Muhongo, beweer.

Shoprite se standpunt dat seisoenwerkers reeds jare gedurende spitstye aangestel word, maak volgens Ueitele geen verskil nie. “Die karakterisering van die werknemer is onbelangrik,” het die regter gesê.

Ueitele het in sy uitspraak beslis dat die aanstelling van seisoen- en vaste termyn werkers 'n lae hou was en dat dit nie strook met die ooreengekome stakingsreëls nie.

In die hofstukke het Ueitele vasgestel dat Nafau aan alle vereistes voldoen het en dat die betoging dus deur wetgewing beskerm word.

Verder is vasgestel dat Shoprite 'n plig het om nie die betoging te ondermyn nie.



JURISDIKSIEKWESSIE

Muhongo het tydens die verhoor beweer dat die hoërhof nie jurisdiksie oor die saak het nie omdat howe slegs kan fasiliteer as die geskil by die arbeidskommissaris aangemeld is.

Volgens Nafau se verteenwoordiger, mnr. Nixon Marcus, is die geskil van belange reeds op 26 Junie by

die arbeidskommissaris hangig gemaak.

Ueitele het Muhongo se bewering afgeskiet dat die nuut aangestelde Shoprite seisoen- en vaste termyn werkers deur Nafau se aansoek benadeel sal word.

“Nafau se aansoek is aan die Shoprite-groep gerig en nie die werkers nie. Shoprite se verteenwoordiging het nie daarin geslaag om dié bewering te bewys nie,” het Ueitele gesê.

Muhongo het saam met die ­prokureur mnr. Kennedy Haraseb Shoprite se saak hanteer, terwyl Marcus saam met die prokureur me. Uno Katjipuka-Sibolile Nafau verteenwoordig het.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%