Shoprite en die Knights gereed vir 'n fees
#Festival
Shoprite is een van die uitgesoekte maatskappye wat spoedig ter ondersteuning van die eerste Hashtag-fees toegetree het. Die skouspel word in die tydperk van 7 tot 9 September ('n Donderdag, Vrydag en Saterdag) gehou.
Die loopbaanuitstalling sal fokus op Namibië se volgende geslag en sal 'n jaarlikse gebeurtenis op die Namibiese kalender word.
“Enigiemand kan toegang tot die internet verkry en in 'n internasionale konteks alles lees wat met 'n loopbaan verband hou, maar Namibië verskaf nie 'n fasiliteit vir eenstop-inligting wat jeugdiges en hul ouers met plaaslike inhoud en konteks voorsien nie,” het mnr. Albe Botha, hoof uitvoerende beampte van NMH, gesê toe die #Festival bekendgestel is.
Mnr. Paul Malan, uitvoerende hoof van Shoprite Namibia, het dadelik die behoefte verstaan om inligting oor loopbaanverwante geleenthede te deel in 'n poging om uitdagings wat Namibiërs oral in die gesig staar, te hanteer en op te los.
Die #Festival sal fokus op loopbane en opvoedkundige instellings.
Verteenwoordigers van die openbare en private sektor is ook genooi om inligtingstalletjies te beman en openbare voorleggings te doen, waarna hulle vrae uit die gehoor kan beantwoord.
Die ekspo vind plaas op die SKW-sportterrein, waar leerlinge uit elke streek van die land by nege sportfranchises inskakel om in verskeie sportkodes teen mekaar mee te ding.
Shoprite is gekoppel aan die franchise genaamd Arabian Knights, met Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) die koördinerende skool vir die franchise.
Die Knights se ander franchise-kollegas is Gobabis Gimnasium, Wennie du Plessis Senior Sekondêre Skool en Epako Junior Sekondêre Skool, ook van Gobabis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie