• Tuisblad
  • Arbeid
  • Shinguadja rig arbeid se haelgeweer op talle bykomende bedrywe
Shinguadja rig arbeid se haelgeweer op talle bykomende bedrywe
Shinguadja rig arbeid se haelgeweer op talle bykomende bedrywe

Shinguadja rig arbeid se haelgeweer op talle bykomende bedrywe

Dani Booysen
Ander bedrywe bekend daarvoor dat hulle werkers misbruik en swak betaal moet volgens die regering nie baat by die staat se aankope nie.
Sulke werkgewers moet gelys word vir optrede, sê mnr. Bro-Matthew Sjinguadja, permanente sekretaris van arbeid, nywerheidsverhoudinge.
Handels- en sakelisensies moet volgens die PS ‘n klousule bevat waarvolgens die regte opgehef kan word wanneer goeie arbeidsverhoudinge nie gehandhaaf word nie en werkers se basiese regte geminag word.
Hy het naas die klein- en groothandel spesifiek verwys na sekuriteitsdienste, brandstofbedryf en vervoer, veral langafstand oorgrenslorries. Hy het sommige sekuriteitsbesighede as van die grootste uitbuiters en mishandelaars van werkers bestempel.
Buiten vir vandag se aanslag op die Shoprite Checkers-groep het Shinguadja ná 18:00 vandag ‘n striemende, bykomende nuusvrystelling uitgereik.
“Wees almal gewaarsku. Julle is onder die arbeidsmikroskoop en openbare radar om met selfhervorming te begin omdat tyd vir julle uitloop,” lui die verklaring.
“Die Checkers-groep van maatskappye, as julle nie voorheen geluister het nie, dan beter julle nou luister. As julle onkundig was, beter julle opgevoed raak. As julle gedink het julle is sterk, wees nou nederig. As julle te trots was om om te gee, begin nou omgee omdat die winde van verandering oor die Namibiese grense waai.”
Hy het die regering se voedselbank beopdrag om nie meer by die winkelgroep te koop nie.
Shinguadja se ander raad en eise lui opsommend as volg:
• Luister na die regering se raad.
• Die raad is volgens hom gebaseer op goeie arbeidsverhoudinge. “Ignoreer dit op jou eie risiko.”
• Alle Namibiërs “wat omgee” moet die misbruik en uitbuiting van werkers as uitdrukking van ‘n verhouding tussen “meester en slaaf” verwerp.
• Anti-vakbondhoudings oortree die Grondwet.
FOTO NAMPA

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!