Shimlas-haker breek Wits-harte
Shimlas-haker breek Wits-harte

Shimlas-haker breek Wits-harte

Rugby
Andrew Poolman
Christo Buchner





Dit het ’n gespartel afgegee, maar uiteindelik het die Shimlas Maandagaand in die openingswedstryd van die Varsitybeker-rugbytoernooi met 26-21 bo uitgekom teen Wits in Milpark in Johannesburg.

Vir die Witsies was dit ’n hartverskeurende nederlaag met hul terugkeer tot die uitsoekgroep van universiteitspanne nadat hulle 8 minute voor die einde nog met 21-19 voorgeloop het.

’n Drie deur die besoekende plaasvervanger-haker, Francois Steyn, het die Johannesburgers se ligte egter gedoof.

Twee uur voor die wedstryd begin het, het die veld nog omtrent soos die Gariepdam gelyk ná ’n hewige reënbui. Dit het wel gedreineer.

Hoewel die bal nat en glibberig was, het albei spanne nie geskroom om dit rond te gooi nie.

Die studente daar uit die Rosestad het behoorlik voordeel getrek toe die Wits-flank Ruan Macdonald in die eerste helfte koelkas toe is.

In daardie tydperk het hulle twee drieë gedruk en ’n voorsprong van 19-7 opgebou. Een daarvan, deur hul losskakel, Niell Stannard, het in hul eie halfgebied begin en was dus 7 punte werd.

Toe die spanne kante geruil het, wou dit voorkom asof die Shimlas in beheer van sake was, maar die Witsies het ander planne gehad.

Die wedstryd het ’n ander wending ingeneem, met eers die slot Graham Logan, en toe die hardwerkende haker, CJ Conradie, wat vroeg in die tweede helfte vir die tuisspan gedruk het.

Skielik het Wits weer die voortou geneem en met hul agtsteman, Bernardus Erasmus, boonop in die koelkas, het sake glad nie rooskleurig vir die Bloemfonteiners gelyk nie.

Tog het hulle genoeg petrol in die tenk gehad om die knoop in die laaste 10 minute deur te hak.

Puntemakers

Shimlas 26 (19): Marco Mason (5), Dian Badenhorst (5), Niell Stannard (7), Francois Steyn (5). Doelskoppe: Marco Mason (4).

Wits 21 (7): Drieë: Kwanele Ngema (5), Graham Logan (5), CJ Conradie (5). Doelskoppe: Warren Gilbert (6). – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!