Shifeta staan howe vir wildmisdaad voor
Shifeta staan howe vir wildmisdaad voor

Shifeta staan howe vir wildmisdaad voor

Die wetsontwerp op die handel in beheerde wildprodukte is in die Nasionale Vergadering bespreek.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sê hy ondersteun die versoek dat toegewyde, spesiale howe geskep word om wildmisdaad te hanteer.

Shifeta het onlangs vrae oor die wetsontwerp op die handel in beheerde wildprodukte in die Nasionale Vergadering beantwoord.

"Ons ondersteun die versoek om toegewyde, spesiale howe wat wildmisdaad hanteer. Ons glo vas as dit gebeur, het ons nóg 'n stuk gereedskap in die gereedskapkis om wildmisdaad in Namibië te beveg," het die minister gesê.

"Ons ondersteun en moedig die aanklaers, polisie en die regbank aan om met buurlande saam te werk om wildmisdaad te beveg. Ons ondersteun die bou van kapasiteit van ons wetstoepassers en nuwe tegnologie om wildmisdaad te beveg."

Shifeta sê verskeie inisiatiewe is aan die dag gelê om bewustheid onder die regbank, aanklaers en die polisie te skep oor die kwessie van wildmisdaad, veral oor die stropery van beskermde wild soos renosters en olifante, asook die onwettige handel in wildprodukte.

Hy sê dusver is drie slypskole oor die bou van kapasiteit met die polisie, regbank en aanklaers gehou waar wildmisdaad gereeld voorkom - noord en suid van die Etosha Nasionale Park, asook in noordoostelike Namibië.

"Die slypskole is om te verstaan waarom ons hande moet vat ten einde 'n gekoördineerde benadering te hê om te verseker dat vervolgings rakende wildmisdaad suksesvol uitgevoer moet word," het Shifeta gesê.

"Een van die gevolge van hierdie inisiatiewe is dat ons nou hierdie voorgestelde wetsonwerpe bespreek."

Op die vraag van me. Elma Dienda van die DTA oor outomatiese verhoging van boetes, het Shifeta geantwoord toe die wet op die handel in beheerde wildprodukte opgestel is, het Namibië vir 30 jaar nie werklik renoster- en olifantstropery gehad het nie.

"Teen die koers wat renoster- en olifantstropery nou in Namibië voorkom, moet ons optree en 'n beter manier vind om Namibiërs en ander mense af te skrik om hierdie misdaad te pleeg," het Shifeta gesê.

"Wette moet dinamies en in reaksie op veranderde toestande wees."

"Om vaste boetes met jaarlikse verhogings te hê, is nie die ideale manier om kwessies soos wildmisdaad te hanteer wat so ingewikkeld is en deurentyd ontwikkel nie."

Oor die vraag oor geen opsie vir 'n boete nie, het Shifeta geantwoord borgtog moet teengestaan word aan verdagtes wat vir wildmisdaad in hegtenis geneem is.

"Tog moet ons die grondwetlike voorsienings en wette respekteer. Ons moedig die regbank en aanklaers aan om nou saam met die ministerie van die omgewing en toerisme te werk wanneer borgtogaansoeke oorweeg word."

Op 'n vraag van me. Bernadette Jagger van Swapo het Shifeta bevestig dat Namibië aan streeksaktiwiteite deelneem om oorgrens- wild- en omgewingsmisdaad te beveg.

"Sulke deelname is op bilaterale en multilaterale vlakke. Namibië is aktief betrokke in die ontwikkeling van streeksbewaringsinisiatiewe wat gemik is op die afname in wildmisdaad, asook om die verbetering van die lewenstoestande van landelike gemeenskappe wat saam met wild moet leef," het die minister gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.61/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 937.18/OZ DOWN -0.003 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.61/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.18% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 937.18/OZ DOWN -0.003