Shifeta sê oor private grond in Etosha
Estelle de Bruyn - Die huidige eienaar van die private grond in die Etosha Nasionale Park, mnr. Gerd Schoneke, het dié grond van sy pa geërf.
Dít volgens die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, in antwoord op ’n mondelinge vraag wat verlede Woensdag in die Nasionale Vergadering (NV) aan hom gevra is.
Schoneke se pa het die grond glo in 1905 gekoop - twee jaar voor die nasionale park se proklamasie.
Kort ná onafhanklikwording is reeds met onderhandelinge oor die aangeleentheid begin, het Shifeta gesê.
Dit het glo eers onlangs onder die minister se aandag gekom en Schoneke het hom verlede week kom sien om die aangeleentheid te bespreek.
Shifeta sê die ministerie is tans besig om die egtheid van die inligting te toets wat Schoneke verskaf het.
Die ministerie is gretig om die saak so gou moontlik af te handel.
Shifeta het ook daarop gewys dat Schoneke die grond deur drie private waardeerders laat waardeer het en dat hulle bevind het die grond is ongeveer N$12 miljoen werd.
Die staatswaardeerder het egter tot die slotsom gekom die grond is slegs sowat N$500 000 werd. Gevolglik is ‘n dooie punt in die onderhandelinge bereik.
“Etosha is ‘n nasionale park en dit is nie prakties moontlik vir private individue om grond in die park te hê nie. Onderhandelinge duur voort en ons sal alles in ons vermoë doen om dit so spoedig moontlik af te handel,” het Shifeta bygevoeg.
Schoneke se grond is 0,409 hektaar groot en is tussen die Andersson-hek en Okaukuejo geleë.
Shifeta sê voorts hy het amptenare van die ministerie opdrag gegee om met die aktekantoor in verbinding te tree sodat vasgestel kan word of enige ander individue private grond in enige van die land se ander nasionale parke besit.
“Daar is gerugte, maar dit is nog nie bevestig nie. Tans is ons net bewus van hierdie enkele geval,” het hy gesê.
Schoneke het gesê hy wil geen kommentaar lewer nie en sal vandeesweek met die media gesels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie