Shifeta: Houtkappery is onwettig

Die minister van die omgewing en toerisme sê die ontginning van hout moet opnuut deurdink word.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie.

Dit beteken die grootskaalse ontginning van beskermde boomspesies word alles onwettig gedoen, sê die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta.

Shifeta het Vrydag tydens ‘n mediakonferensie gesê net twee of drie omgewingsklaringsertifikate is deur die ministerie van landbou, water en boshou uitgereik, en nie vir die handel in bome nie, maar wel vir die skoonmaak van grond vir gewasproduksie in die Zambezistreek.

Volgens Shifeta het hy opdrag gegee dat alle oespermitte wat uitgereik is, met onmiddellike effek teruggetrek word. Hy het voorts gesê sy ministerie sal opvolg of dit wel gedoen is.

Volgens hom werk die omgewingskommissaris, mnr.Theo Nghitila, saam met die Namibiese polisie om beslag te lê op enige hout wat in veral in die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek vervoer word.

“Ek weet nie of mense nie verstaan nie. Ons sal hul name openbaar maak,” het Shifeta gesê van beamptes in die ministerie van landbou wat in die betrokke gebiede permitte sonder klaringsertifikate vir die omgewing uitreik.

Hy het voorts gesê sy ministerie oorweeg dit om ‘n moratorium te plaas op die oes van bome (houtkappery) ten einde “dinge behoorlik te doen en onsself te heroganiseer”.

“Op die oomblik dra mense die hout weg. Kom ons praat oor die toevoeging van waarde; ons skep tans werk vir ander mense,” het Shifeta gesê.

Volgens hom het die ministerie ‘n ondersoek van stapel gestuur oor die uitreik van lisensies vir die oes en vervoer van hout. Hy wou hom egter nie uitlaat oor enige ander planne van die ministerie nie.

Dit volg nadat die ministerie van landbou erken het dit het 161 permitte aan kleinskaalse boere in Kavango-Oos uitgereik wat tot ‘n reusetoename in die uitvoer van die hout na China en ernstige kommer oor ontbossing gelei het.

Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) probeer al die afgelope 15 maande met die ministerie van landbou oor die kwessie vergader en het ernstige kommer oor ontbossing in veral die Zambezi- en Kavango-Oos-gebiede uitgespreek.

Die NCE se uitvoerende hoof, dr. Chris Brown, het verskeie briewe aan die ministerie se permanente sekretaris, mnr. Percy Misika, asook die direkteur van bosbou, mnr. Joseph Hailwa, oor die versnelling van grootskaalse, kommersiële ontbossing en die onvolhoubare vlakke van houtkappery gerig.

Brown het vroeg vandeesmaand weer aan Hailwa geskryf en gesê die direktoraat van bosbou blyk heeltemal onbetrokke te wees by enige openbare platform of inisiatief wat probeer om die situasie te beredder.

Brown sê voorts bosboupersoneel wat bekommerd en “met afgryse vervul is” oor die situasie, het die NCE in die geheim gekontak uit vrees om die kwessie amptelik te opper. Volgens die betrokke personeel “is iets ernstig verkeerd”.

In Oktober het die NCE in ‘n brief aan Misiki gesê ‘n punt is bereik waar ‘n onmiddellike moratorium op alle kommersiële ontbossing en oes van hout nodig is.

‘n Voorstel was dat ‘n onafhanklike ondersoek en oorsig van die werksaamhede, praktyke en modus operandi van die bosbousektor met die ministerie se doelwitte vergelyk en geëvalueer word. Die fokus van die ondersoek moet die stand van Namibië se boslandskap wees, sowel as die verliese wat die afgelope vyf jaar in dié verband gely is.

Volgens Brown is alle pogings om met die ministerie van landbou in gesprek te tree, met stilte begroet.

Shifeta het intussen Vrydag ook gemaan die ontginning van sand in kommunale gebiede kan net met ‘n klaringsertifikaat geskied. Dit is voordat tradisionele owerhede toestemming hiervoor kan verleen.

Die ministerie het vroeër vandeesmaand met takke van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) in die Noorde vergader. Daar is besluit onwettige sandmyne moenie toegelaat word nie.

Die ministerie het voorts onderneem om nie die aansoekproses vir klaringsertifikate vir die omgewing onnodig te vertraag nie. Volgens Shifeta sal alle onwettige sandmyne ondersoek en oortreders vervolg word. Ingevolge die wet op die bestuur van die omgewing is ‘n boete van tot N$500 000 of 25 jaar tronkstraf of beide van toepassing.

Die polisie is ook opdrag gegee om alle onwettige sandmynbedrywighede sonder klaringsertifikate stop te sit. Ook is ooreengekom dat geen sandmyne in mahangu-landerye toegelaat of oorweeg sal word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!