Shifeta besoek NMH
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gister ’n welwillendheidsbesoek aan Namibia Media Holdings (NMH) afgelê. Hy het ook oor toerisme in die 200ste episode van Kletskompas met een van Republikein se senior verslaggewers, Denver Kisting, gesels. Kyk gerus na die onderhoud op Kletskompas op Republikein se Facebook-blad, Evening Review op Namibian Sun se Facebook-blad, of YouTube by Namibia Media Holdings en in die videoargief by networkmediahub.com. Kisting en Hennie Geldenhuys, NMH se hoofbemarkingsbestuurder, het ’n geskenk aan die minister oorhandig as blyk van waardering vir sy steun aan die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) se ekotoerismetema van die afgelope vyf jaar. Foto Ester Kamati
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie