Shaningwa vaar teen 'hallusinasies' uit
Shaningwa vaar teen 'hallusinasies' uit

Shaningwa vaar teen 'hallusinasies' uit

Twee mense is nie genoeg om Swapo op sy knieë te dwing nie, sê sy sekretaris-generaal.
Denver Kisting
Denver Kisting – Mense wat droom daarvan dat Swapo besig is om in duie te stort, hallusineer.

In plaas daarvan om dít te doen, moet hulle eerder by die regerende party aansluit.

Só sê Swapo se sekretaris-generaal (SG), me. Sophia Shaningwa.

Volgens haar is daar geen sprake dat dié bevrydingsbeweging op die randjie van ineenstorting staan nie.

Trouens, het sy gister aangevoer, Swapo raak daagliks sterker.

“Dit moet in geen onduidelike terme gestel word aan diegene wat reken Swapo word geskud of word broos nie: Swapo word sterker en sterker.”

Shaningwa het gister die media toegespreek oor die pas afgelope buitengewone kongres, wat die naweek in Windhoek gehou is.

Hoewel sy versuim het om besonderhede te verskaf, het sy gesê daar is besluit dat té hoë vereistes wat lidmaatskap betref, veral die jeug sou benadeel.

Derhalwe het die buitengewone kongres die afgelope naweek besluit om die vereiste tydperk te verkort.

“Dit beteken lede van die jeug sal nie 50 of 60 jaar hoef te wag voor hulle die president van die party kan word nie.”

Sy het voorts ontken mnr. Armas Amakwiyu, die koördineerder vir Oshikoto, se toespraak het tydens die kongres se opening ’n storm ontketen.

“Swapo is ’n baie groot huis. Dit is soos ’n leeu in ’n woud. Wanneer Swapo hoes, nies almal,” het sy gister gesê.

Ondanks pres. Hage Geingob en haar eie toegewing oor verdeeldheid binne die party, het sy later probeer volhou daar is geen skermutselinge nie.

Dit is ’n mite, het sy beweer toe joernaliste haar daaroor gepols het.

In haar geskrewe toespraak sê sy die buitengewone kongres het klem daarop geplaas dat die party op sy hoede moet wees, omdat daar magte is wat op ’n sending is “om te vernietig (dit) wat die party jare geneem het om met bloed, sweet en trane op te bou. Dit word beklemtoon dat dit maklik is om te vernietig, maar moeilik is om te bou”.

Amakwiyu het Vrydagoggend van die verhoog af gevra dat die verdeeldheid bespreek word.

Republikein verneem daar het dadels van daardie pleidooi gekom.

Met verwysing na die twee lede, wat die party verlede week voor die hof gedaag het, sê Shaningwa twee mense is nie genoeg om hulle angstig te maak nie.

“Vir wie verteenwoordig hulle? Hulle het nie eens ’n mandaat nie.”

Van die veranderinge wat die naweek aan Swapo se grondwet gemaak is, sluit in dat mense, wat Namibiese burgerskap deur naturalisasie bekom, voortaan nie meer in die sentrale komitee of in die politburo mag dien nie.

Sulke mense sal in die toekoms ook nie uitvoerende posisies in die party mag beklee nie.

Diegene wat tans onder sulke omstandighede in daardie hoedanighede dien, sal toegelaat word om hul ampstermyn te vooltooi.

’n Lid van die dinkskrum het gister aan Republikein gesê die tegniese komitee stoei nog met die gewysigde konsepgrondwet, maar die dokument behoort vandeesweek reeds beskikbaar te wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054