Shangula sê oor Walvis
Volgens die gesondheidsowerhede beleef Namibië nog geen gemeenskapsoordrag nie.
Denver Kisting
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het die afgelope naweek by navraag toegegee daar is tans vertragings wat Covid-19-toetsing betref.
Republikein wou by hom weet hoekom dit tans klaarblyklik ongeveer vyf dae duur voor toetsuitslae beskikbaar is ná die gesondheidsministerie vroeër aangedui het uitslae behoort binne 48 uur beskikbaar te wees. “Ja, ons ondervind vertragings weens die aggressiewe, uitgebreide, doelgerigte toetsing wat op Walvisbaai aan die gang is. Daar is 'n agterstand van monsters wat wag om getoets te word,” sê hy.
Maar, sê Shangula, die ministerie vertraag nie met opset die bekendmaking van toetsuitslae nie.
“Ons kondig die uitslae aan sodra hulle aan ons beskikbaar gestel word. Soms kondig ons twee keer per dag aan.”
Wat klagtes oor toetstoestelle betref, sê die minister toetstoestelle toon geen uitslae nie. “Die diagnostieke masjien in Windhoek is die enigste een wat die uitslae kan toon. Waar dit ongeldige uitslae wys, is wanneer die monster wat geneem is, gebrekkig is – bedoelende nie voldoende om 'n ontleding moontlik te maak nie.”
Oor die omvang van toetsing wat tans aan die gang is, sê Shangula dit behels die identifisering van inwoners wat aan risiko blootgestel is en dan getoets word.
Die mikpunt is om 1% van die bevolking te toets, sê Shangula.
Geskoei op die geskatte bevolking van nagenoeg 2,2 miljoen mense is dié teiken ongeveer 22 000 mense.
Oor die huidige fokus op die Erongostreek, sê Shangula dié streek is toeganklik deur pad, lug en see.
Volgens hom beleef Namibië nog geen gemeenskapsoordrag nie.
Wat wel voorkom, is “'n tros van gevalle”, sê hy.
• Namibië se enigste bevestigde Covid-19-geval wat tot op hede ernstig siek was en op 'n ventilator geplaas was, is gesond. Dié goeie nuus is gister deur die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gegee dat die 63-jarige man gesond is wat etlike weke in die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia Private Hospitaal behandel is. Shangula het bevestig die man het twee keer negatief vir Covid-19 getoets. Saam met die 63-jarige man het geval nr. 30, 'n 27-jarige vrou, ook ten volle herstel.
Namibië het tans 183 bevestigde gevalle waarvan 24 ten volle herstel het. Tot op hede is 5 706 weefselmonsters getoets en word 159 aktiewe kontakte gemonitor.
Tans is 864 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie