Shangula: Bly kalm

Terwyl die kwessie oor geslote grense en toerismeregulasies gister by ’n kabinetsvergadering bespreek is, is ’n stille protes in die hoofstad gehou as ’n oproep om die toerismesektor te red.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Vir nou bly die grense eers tot verdere kennisgewing gesluit.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gister in die daaglikse Covid-19-verslag herbevestig dat die landsgrense van Namibië volgens die regulasies vir padreisigers gesluit bly.

“Die publiek word versoek om kalm te bly en saam met die regering te werk,” het Shangula gesê.

Mnr. Etienne Maritz, die uitvoerende direkeur van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekureit, het gistermiddag bevestig dat besprekinge op politieke en tegniese vlak tussen sy ministerie, die gesondheidsministerie en die toerismeministerie plaasvind.

“Ons ondersteun die toerismebedryf en ons sal binnekort – voor die einde van die week – ’n aankondiging oor die grense maak. Ons is besig om die regulasies vir die Staatskoerant voor te berei,” het hy beklemtoon.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het Shangula se skokaankondiging Maandag beaam dat toeriste slegs die land via die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Walvisbaai-lughawe mag binnekom.

“Die verklaring van die gesondheidsminister is korrek. Ons wag vir goedkeuring van die kabinet om landsgrense oop te maak,” het Muyunda gesê.

“Ons het die Toerismeherlewingsinisiatief se verslag ingehandig vir die toetsfase wat op 30 September geëindig het en daarin het ons voorstelle vir die pad vorentoe gemaak.

“Dit sluit in die opening van landsgrense met lande wat ook hul grense oopgemaak het. Dié grensposte is Ariamsvlei en Noordoewer met Suid-Afrika en Wenela met Zambië,” het Muyunda gesê.

Grense met Angola en Botswana bly gesluit, want hulle is steeds onderhewig aan ’n noodtoestand.

“Ons glo dat al hierdie verwarring deur die kabinetsbeslissing met ons aanbevelings opgelos sal word.”

STILLE PROTES

Terwyl die kwessie oor geslote grense en toerismeregulasies gister by ’n kabinetsvergadering bespreek is, is ’n stille protes onder die vaandel van #SOSTourism gister in die hoofstad gehou in ’n poging om die toerismesektor te red.

Gondwana Collection Namibia het al hul toerismevoertuie op die sypaadjies in Nelson Mandela-rylaan geparkeer. Die sekretaris-generaal van die Namibië Openbare Passasiersvervoervereniging (NPPTA), mnr. Nathan Africa, en sy busbestuurders het ook met hul busse daarheen opgeruk.

Intussen het die uitvoerende hoof van Gondwana, mnr. Gys Joubert, as ’n noodkreet ’n hartroerende brief oor die benarde situasie waarin die toerismesektor hom bevind aan die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) geskryf.

’n Bekommerde toerismegroep het hul ontevredenheid oor die Namibië Toerismeraad (NTB) in ’n brief aan Republikein uitgespreek.

“Die NTB wat elke jaar miljoene van rolspelers in die toerismebedryf ontvang, het niks in die afgelope sewe maande aangekondig of enige hulp verleen nie,” lui die brief.

“Hulle het die blaam op die regering geplaas en die Namibië Toerismevereniging (Fenata) die leiding laat neem. Vir die pad vorentoe het ons ’n duidelike antwoord van NTB oor hul rol nodig.

“Van die toerismebedryf wat reeds platgeslaan is, kan nie verwag word om die NTB te ondersteun wat ’n absolute gebrek aan optrede die afgelope sewe maande getoon het nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053