Shalli swig voor druk

’n Afgetrede weermaghoof het laat gister op nasionale televisie om verskoning gevra vir omstrede uitlatings wat hy Saterdag gemaak het.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die afgetrede weermaghoof, lt.genl. Martin Shalli, het Namibiërs gister op nasionale televisie om verskoning gevra vir gewraakte uitlatings wat hy Saterdag gemaak het.

Dít kom nadat minstens twee senior Swapo-lede en LP’s aangedring het dat Shalli uitlatings wat hy die afgelope naweek op Okahandja gemaak het, terugtrek.

Gistermiddag het hy in 'n bondige onderhoud met nbc-nuus gesê: "Derhalwe neem ek dié geleentheid om vir my kamerade, lede van Swapo-party, sowel as enige mens wat deur die stelling, wat ek gemaak het, aanstoot gegee is: Ek trek daardie keelsny-ding opreg terug en vra daarom om verskoning aan enigiemand wat ek aanstoot gegee het."

Shalli het by ’n Swapo-verkiesingsaamtrek op die tuindorp oor wat hy as verraaiers van die regerende party beskou, gesê: “Hulle moet doodgemaak word. (Hulle) moenie geskiet word nie; hulle moet geslag word.”

Hy het verwys na mense wat die regerende party verlaat om ander politieke partye te stig.

Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, het in ’n plasing op Twitter gesê: “Dit is nie reg om daardie uitlatings aan die party toe te dig nie. Dit was iets ongelukkigs wat gesê is deur ’n lid wat ons aanbeveel moet onvoorwaardelik teruggetrek word. Swapo keur nóg geweld goed nóg gebruik die party geweld om deel te neem aan ’n belangrike demokratiese proses, soos ’n verkiesing.”

Mnr. Mandela Kapere, ’n ander Swapo-leier, het eweneens in die sosiale media kapsie gemaak teen Shalli se gedrag.

Hy het Sondagaand in ’n plasing op Facebook gesê: “Ek het pas klaar na die Martin Shalli-clip geluister, en dit is jammer dat hy so ’n stelling gemaak het – ongeag die konteks waarin dit bedoel is.”

Kapere sê Shalli se uitlatings is teenstrydig met die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se gedragskode vir politieke liggame.

Die Regshulpsentrum (LAC) het gister by monde van sy direkteur, me. Toni Hancox, kommer uitgespreek oor die beweerde haatspraak uit die mond van Shalli.

Sy uitsprake kom kort nadat pres. Hage Geingob in die sop beland het oor wat hy op die bekendstelling van die party se verkiesingsveldtog gesê het, sê sy.

“Ná die onlangse stelling deur ons president wat wit kiesers dreig, wat wyd veroordeel is, blyk dit lede van die regerende party ag dit steeds gepas om dreigemente van geweld te gebruik teen diegene wat hulle teenstaan,” sê Hancox.

Sy het Shalli aan artikel 12 van die Grondwet herinner wat onder meer bepaal alle mense sal vryheid van assosiasie hê, wat die vryheid insluit om by politieke partye aan te sluit en politieke partye te vorm.

“As genl. Shalli diegene wat ’n spesifieke mening huldig, wil kritiseer, is hy welkom om dit te doen, maar hy is nie vry om hulle met moord te dreig nie.”

Oor Shalli se weergawe sedert Saterdag dat sy uitlatings figuurlik bedoel is, sê Hancox: “Ongeag van wat in sy kop was toe hy gepraat het, die woorde is roekeloos en uiters gevaarlik.”

As ’n eertydse wetmaker het hy ’n eed afgelê om die Grondwet te eerbiedig en te beskerm “en om geregtigheid vir alle inwoners van die Republiek van Namibië te verseker. Dié verantwoordelikhede moet enige party-politieke lojaliteit vervang,” sê die LAC se direkteur.

Sy het ook geëis dat hy sy uitlatings terugtrek én aan opposisiepartye om verskoning vra.

Hieroor sê Kapere: “Selfs as ons genl. Shalli se woord daarvoor vat en aanvaar dat sy woorde ’n poging was om figuurlike taal te gebruik om ’n politieke punt te maak, steek hulle ongelukkig na my mening ’n lyn oor wat onverdedigbaar is, in ag genome die feit dat ons in ’n diep gefragmenteerde post-koloniale samelewing bly wat gekom het uit verlengde oorlog wat in van ons se leeftyd geëindig het.”

Die uitvoerende direkteur van die party, mnr. Austin Samupwa, het alle navrae na me. Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, verwys.

Nóg Shalli nóg Nicanor het gister – ondanks verskeie pogings om kommentaar – op navrae gereageer.

Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM) en die Walvisbaai-stedelike onafhanklike kandidaat, mnr. Knowledge Iipinge, het strafregtelike klagte teen Shalli aanhangig gemaak.

Mnr. Kadhila Amoomo, regsverteenwoordiger van die Affirmative Repositioning (AR), het vir Shalli tot aan die einde van gister kans gegee om sy stellings terug te trek anders sal hulle ook stappe doen.

Ná nuus oor die verskoning rugbaar geword het, het die AR in 'n verklaring gesê hulle verwelkom die verskoning maar sal steeds met hul regspan beraadslaag oor die pad vorentoe.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.94/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.90/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 929.90/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.94/OZ UP +0.13% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.74% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.90/BBP DOWN -0.003 | Platinum US$ 929.90/OZ DOWN -0.0067