Sewes-avontuur in hoofstad

Sewesrugby

07 March 2018 | Sport
Tielman van Lill - Windhoek Gimnasium het verlede jaar sy nuwe kunsmatige rugbyveld met ’n uiters suksesvolle Internasionale Sewestoernooi ingewy en komende Vrydag en Saterdag sal dit die tweede keer wees dat dié skouspel by die skoolveld in Kleine Kuppe aangebied word.

Die 2018 Capricorn-groep sewesrugbytoernooi beloof om opnuut vir opwindende sewesrugby te sorg. In groep A durf die Suid-Afrikaanse Sewesrugbyakademie, Namibië, Zimbabwe, Duitsland, Botswana en Zambië mekaar aan.

Die ontluikende Blitsbokkies het laasjaar die toernooi onoorwonne afgesluit en het Namibië in die eindstryd oortuigend verslaan, nadat die gasheerspan hulle die vorige aand in die groepwedstryd behoorlik teëgesit het.

Die internasionale kompetisie (groep A) se spanne speel in ’n rondomtaliegrondslag teen mekaar in die eerste ronde. Die puntestand ná die eerste fase sal bepaal wie Saterdagnamiddag in die beker-, plaat- en skildfinaal sal opdraf

Die o.19 skole-afdeling (groep B) gaan ’n harde neut wees om te kraak, want Windhoek Hoërskool (WHS), Hoër Tegniese Skool Windhoek (HTS), Pro-Ed Akademie, Privaatskool Elnatan en Windhoek Gimnasium kom hier teen mekaar te staan.

Groep C maak vir die o.15-seuns voorsiening waar WHS, HTS, Pro-Ed, Elnatan, St. George’s Kollege en Windhoek Gimnasium kompeteer.

In groep B en C sal die wenner en naaswenner na die bekerfinaal vorder wat Saterdag gespeel word. Die spanne wat onderskeidelik derde en vierde eindig, sal in die plaatfinaal koppe vir die derde plek stamp.

Die toernooi skop Vrydagmiddag eenuur af wanneer HTS o.15 en Windhoek Gim o.15 die toernooi open. Die openingseremonie sal om 19:00 volg, waar al die spanne bekendgestel word en waar die Nampol-orkes in aksie sal wees.

In die laaste wedstryd Vrydag om 21:26 sal die SA Akademiespan teen Namibië kragte meet.

SATERDAG

Om 08:00 skop WHS o.15 teen St. Georges o.15 af en Windhoek Gim o.19 en Elnatan o.19 sal om 09:06 vir groot opwinding sorg. Die eerste kragmeting in die internasionale kompetisie is om 09:28 tussen Botswana en Namibië. Die kwalifiseerders vir die finale sal om 11:00 bekend wees en die prysuitdeling vind direk na die laaste eindstryd op die rugbyveld plaas.

Me. Colette Rieckert, besturende direkteur van Windhoek Gimnasium, en mnr. Wessel Kotze, die toernooi-direkteur, het beide ’n verwelkomingsboodskap.

“Ek wil namens die Capricorn-groep en die organiserende komitee almal na die toernooi verwelkom en by voorbaat bedank. Die ses internasionale spanne wat vanjaar deelneem, verskaf beslis ’n internasionale geur aan die geleentheid wat uiteraard baie spesiaal vir Namibië is. Dit is vir ons ’n eer om weer so ’n topgehalte toernooi op die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika aan te bied.

“Ons beplan om sowat 3 000 toeskouers en spelers te ontvang en dieselfde gees as in 2017 voort te sit met die 2018 Capricorn Sewestoernooi wat beloof om opwindende talent ten toon te stel. Ons gaan beslis hierdie ’n jaarlikse gebeurtenis maak.

“My wens is dat al die spelers ’n wonderlike kompetisie sal hê en dat die toeskouers die spel en gees sal geniet,” het Rieckert afgesluit.

Kotze sê sonder die spelers sal so ’n toernooi nie moontlik wees nie. Vrydag word rugbyliefhebbers met 23 wedstryde bederf en Saterdag volg nog 19 vir fynproewers.

“Ons wil hê dat elke persoon die naweek se rugby terdeë geniet, want ons wil ’n goed gereëlde toernooi met internasionale mededinging aanbied. Heelwat lesse is uit verlede jaar se aanbieding geleer en dit het ons gehelp om selfs beter reëlings te tref. Geniet die toernooi en die spesiale atmosfeer wat daarmee saam gaan,” het Kotze gesê.

Spanne ontvang drie ligapunte vir ’n oorwinning, terwyl die verloorder net een kry. Indien spanne gelykop speel in die groepfase sal beide spanne twee punte verdien. As ’n span nie vir ’n wedstryd opdaag nie of gediskwalifiseer word, word ligapunte verbeur.

Die toernooiprogram is soos volg:

Vrydag 9 Maart:

1. 13:00 HTS o.15 teen Whk Gim o.15.

2. 13:22 WHS o.15 tn Pro-Ed o.15.

3. 13:44 HTS o.19 tn Whk Gim o.19.

4. 14:06 Namibië tn Botswana.

5. 14:25 SA-akademie tn Zambië.

6. 14:50 Zimbabwe tn Duitsland.

7. 15:12 St. Georges o.15 tn Pro-Ed o.15.

8. 15:34 WHS o.19 tn Pro-Ed o.19.

9. 15:56 Zambië tn Namibië.

10. 16:18 Botswana tn Duitsland.

11. 16:40 WHS o.15 tn Whk Gim o.15.

12. 17:02 Pro-Ed o.19 tn Whk Gim o.19.

13. 17:24 HTS o.15 tn Pro-Ed o.15.

14. 17:46 HTS o.19 tn WHS o.19.

15. 18:08 Zimbabwe tn SA Akademie.

16. 18:30 Elnatan o.19 tn HTS o.19. 18:52 Openingseremonie.

17. 19:14 HTS o.15 tn WHS o.15.

18. 18:36 Whk Gim o.15 tn St. George’s o.15.

19. 19:58 Elnatan o.19 tn Pro-Ed o.19.

20. 20:20 WHS o.19 tn Whk Gim o.19.

21. 20:42 Zimbabwe tn Botswana.

22. 21:04 Duitsland tn Zambië.

23. 21:26 SA Akademie tn Namibië.

Saterdag 10 Maart

1. 08:00 WHS o.15 tn St. Georges o.15.

2. 08:22 Pro-Ed o.15 tn Whk Gim o.15.

3. 08:44 HTS o.19 tn Pro-Ed o.19.

4. 09:06 Whk Gim o.19 tn Elnatan o.19.

5. 09:28 Botswana tn Zambië.

6. 09:50 Namibië tn Zimbabwe.

7. 10:12 Duitsland tn SA Akademie.

8. 10:34 St. George’s o.15 tn HTS o.15.

9. 10:56 WHS o.19 tn Elnatan o.19.

10. 11:18 Zambië tn Zimbabwe.

11. 11:40 Botswana tn SA Akademie.

12. 12:02 Namibië tn Duitsland.

13. 12:24 o.15 Plaatfinaal.

14. 12:46 O.19 Plaatfinaal.

15. 13:08 Internasionale Skildfinaal.

16. 14:00 O.15-Skildfinaal.

17. 14:22 Internasionale Plaatfinaal.

18. 14:44 O.19 Bekerfinaal.

19. 15:06 Internasionale Bekerfinaal.

15:28 Prysuitdeling.

Soortgelyk

 

Plaasaankope ‘is niemand se besigheid’

42 minute gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, hou vol die ministerie het nié die plaas Otjisemba gekoop nie.Behalwe dat hulle nie...

Dwelmvonds ruk kus

42 minute gelede | Misdaad

Otis Finck op Walvisbaai – ’n Bekende gesin van Narraville op Walvisbaai word glo verbind met ’n reusedwelmvonds die afgelope naweek.Die polisie in die Erongostreek...

Dag van die Afrika-kind

42 minute gelede | Gebeure

Die Dag van die Afrika-kind word jaarliks op 16 Junie op die vasteland herdenk. Hier luister van die kleingoed van die Rene Kids Centre op...

LPM 'is 'n politieke party'

42 minute gelede | Politiek

Catherine Sasman - Leiers van die Landless People’s Movement (LPM) sê hoewel die organisasie nog by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) geregistreer moet word,...

Weer vir 18 Junie 2018

42 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Weer vir 15 Junie 2018

42 minute gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig in die ||Kharasstreek wees met enkele buie in die verre Suidweste. Elders sal...

Gretzky kry doodstraf vir ’n donkie

42 minute gelede | Omgewing

Des Erasmus - Sewe woestynleeutroppe is leierloos nadat ‘n uitgeteerde mannetjie in die nagtelike ure van Saterdagoggend by De Rust in die Ugabvallei wes van...

Meatco sál weer BTW betaal

42 minute gelede | Landbou

Elvira Hattingh – Meatco se amptelike aankondiging dat dit weer 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan produsente sal betaal wat beeste by abattoirs lewer,...

NBC-werkers woedend oor geldsake

42 minute gelede | Arbeid

Augetto Graig - Werknemers van die NBC sal nie langer wanbestuur duld nie.Een van die grootste kwessies is die nasionale uitsaaikorporasie se versuim om derde...