Sewe vas ná beweerde strooptog
Die polisie in die Zambezistreek het sewe mans Sondag in verband met beweerde stropery en die besit van dele van beskermde diere in hegtenis geneem.
Die mans was na glo in die besit van vier olifanttande, twee gewere, ammunisie, twee sebrakalfhoewe en ’n stukkie sebravel.
Die Namibiese polisie se streekbevelvoerder vir die Zambezistreek, komm. Karel Theron, het Sondag gesê die mans is omstreeks 20:00 in ’n sedanvoertuig by die kruising van Kongola- en Choistraat in hegtenis geneem.
“Hulle is in hegtenis geneem ‘n paar minute ná hulle Katima Mulilo van die Bwabwata Nasionale Park af binnegery het,” het hy gesê.
Volgens Theron is een van die mans ’n Namibiër en een ’n Angolese burger. Beide is glo herhaalde oortreders wat olifantstropery betref en is aan die ministerie van die omgewing en toerisme, asook die streekpolisie bekend.
“Vyf van die mans is Zambiese burgers, wat die vermeende meesterbrein agter die stropery insluit, wat glo ook die vermeende verskaffer van die 375-jaggeweer is,” het hy gesê.
Theron het bygevoeg die vermeende verskaffer van die haelgeweer, wat glo ook ’n Zambiese burger is, is nog op vrye voet.
Hy het gesê dit is nog nie bekend of die olifante in Botswana of Namibië gestroop is nie.
Die teenstropingseenheid, wat uit die ministerie van die omgewing en toerisme en die polisie bestaan, het Saterdag inligting ontvang en opgetree, wat die inhegtenisnemings tot gevolg gehad het.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie