Sewe sterf in ongelukke

’n Vierjarige meisie het volgens die polisie in die Etunda-waterkanaal in die Ruacana-kiesafdeling verdrink.
Tanja Bause
Tanja Bause – Vier mense is Saterdag op slag in ’n kop-aan-kop-botsing dood.

Die ongeluk het omstreeks 20:45 op die hoofpad tussen Ongwediva en Ondangwa plaasgevind.

Die een voertuig was ’n regeringsbakkie wat na wat verneem word aan die adjunkminister van finansies behoort het. Die bestuurder het glo die adjunkminister, mnr. Natangwe Iithete, afgelaai en was na Ondangwa op pad.

Die bestuurder van ’n sedan het glo by ’n ander voertuig verbygesteek en teen die bakkie gebots.

Hy en sy drie passasiers is op slag dood.

Die oorledenes is die bestuurder, mnr. Ismael Nailonga (29), en passasiers, mnre. Sakaria Nailonga (27), Ismael Nanguti (40) en Shikongo Jafet (28).

Die bestuurder van die regeringsbakkie verkeer in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Sondag om 19:00 het die bestuurder van ’n bakkie glo beheer oor sy voertuig verloor en die voertuig het omgeslaan. Die ongeluk het op die grondpad tussen Onamutuku en Onkani plaasgevind.

Die bestuurder, mnr. Wilbart Angungu (40), wat na bewering nie in besit van ’n wettige rybewys was nie, het op die toneel gesterf.

Ses passasiers het ligte beserings opgedoen en is in die intermediêre hospitaal op Oshakati opgeneem.

Mnr. Hausiku Mutuku (29) is op slag dood toe hy oënskynlik beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het. Die voorval het Saterdag omstreeks 01:25 in die Tondoro-nedersetting in die Kavango-Wesstreek plaasgevind. Volgens die polisie het Mukuku geen wettige rybewys nie.

Mnr. Mathias Nerumbu (52) is op slag dood toe sy voertuig in ’n trompop botsing betrokke was.

Die ongeluk het Saterdag om 22:00 op die hoofpad tussen Outjo en Otjiwarongo plaasgevind.

Nerumbu het glo teen ’n koedoe gebots en in die aankomende baan beland waar hy teen ’n sedan gebots het.

Die bestuurder van die sedan en ’n passasier van Nerumbu se voertuig is na die hospitaal in Windhoek geneem. Die polisieondersoek duur voort.

HUIS BRAND, BABA WEGGEGOOI

Me. Katrina Mertens (63) het glo in haar huis op Aroab doodgebrand nadat dit aan die brand geslaan het. Die voorval het Vrydag om 19:30 plaasgevind. Die oorsaak van die brand is onbekend, maar daar word vermoed dit het in haar slaapkamer ontstaan. Sy was tydens die voorval alleen in die huis.

‘n Angolese vrou het glo Vrydag geboorte gegee en haar baba weggegooi.

Volgens die polisie het die 18-jarige vrou die babaseun glo in haar slaapkamer in die Greenwell Matongo- informele nedersetting in Windhoek gehad.

Sy het die baba glo in ’n rivierbedding langs haar blyplek weggegooi waar hy later deur ’n verbyganger gevind is.

Die vrou is onder polisiebewaking in die Katutura-staatshospitaal se kraamsaal opgeneem.

Saterdag om 16:30 het die vierjarige Lola Daniel na wat verneem word in die Etunda-waterkanaal in die Ruacana-kiesafdeling verdrink.

Sy en haar jonger sussie is glo alleen by die huis gelos.

Daar is glo gesien hoe die twee sussies by die waterkanaal speel. Lola het glo in die kanaal geval en verdrink. Die polisieondersoek duur voort.

Die lyk van ’n onbekende man is Saterdag by Okahandja se asgate gevind. Volgens die polisie het die man ernstige steekwonde aan sy kop gehad.

Na wat verneem word is die man by sy slaapplek by die asgate aangeval.

Hy het na bewering sowat 60 m van daar af gehardloop voor hy inmekaargesak en gesterf het.

Die lyk is die oggend glo deur ’n verbyganger ontdek.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%