Sewe nuwe regters vir howe

22 December 2016 | Howe
Die regsdienskommissie het verlede week in ’n mediaverklaring bekend gemaak dat ’n Windhoekse advokaat en prokureur lid is van die nuutste groep regsgeleerdes wat as regters in die Namibiese hoërhof en hooggeregshof aangestel is.

Die staatspresident het dié nuwe regters op aanbeveling van die kommissie aangestel sodat sake in die land se twee hoogste howe vinniger afgehandel kan word.

Regters Freddy Chomba en Jennifer Mokgoro sowel as senior advokaat Theo Frank is vanaf 1 Maart tot 31 Desember 2017 as regters in die hooggeregshof aangestel.

Adv. Frank het sy loopbaan as advokaat in 1976 in Suid-Afrika begin en in 1983 het hy as advokaat in Namibië begin praktiseer. Hy het vanaf 1990 tot 1996 as regter van die hoërhof van Namibië gedien en vanaf 1995 is hy met tussenposes as ad hoc-regter van die hooggeregshof aangestel.

Regters Collins Parker en Petrus Miller is as waarnemende regters in die hoërhof vir die tydperk 31 Desember 2016 tot 31 Maart aangestel en regter Epafraditus Unengu vanaf 31 Desember 2016 tot 31 Desember 2017. Prokureur Boas Usiku dien vanaf 3 Desember 2016 tot 31 Maart 2017 as waarnemende regter in die hoërhof.

Soortgelyk

 

Aquaculture punted as solution

2 ure gelede | Visserye

Aquaculture along rivers is a viable option of relieving pressure from the country's natural capture fisheries, as well as providing nutritious food and sustaining the...

Gedenkdiens sluit kuspad

2 ure gelede | Ongelukke

Motoriste was gister warm onder die kraag toe verkeer vir langer as 'n halfuur opgedam het op die pad tussen Okahandja en Karibib waar die...

Skildery van Namibië in Londen onder die hamer

2 ure gelede | Geskiedenis

'n Skildery deur die bekende skilder Thomas Baines (1820 – 1875) wat van 1864 dateer en 'n keerpunt in die pre-koloniale geskiedenis van Namibië uitbeeld,...

Geseënde Knersfees!

2 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Net meer as N$27 miljard het in die derde kwartaal vanjaar deur die Namibiese ekonomie gevloei, sowat ‘n halfmiljard minder as ‘n...

Kwaai dok in landdroshof

2 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - Die dokter wat Dinsdag in 'n woedebui amok by die hoofkantoor van Methealth Namibia Administrators in Windhoek gemaak het, het gister in...

N$2 miljard vir spoorlyn, lughawepad

2 ure gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer Die derde van drie lenings ter waarde van N$4 miljard in totaal vir spesiale projekte en verbeterde infra­struktuur in die land, is Woensdag...

Weer vir 15 Desember 2017

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die oostelike helfte van die land. Elders sal dit gedeeltelik...

Hoogste lof vir Namibiër by US

2 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Die 21-jarige Jacqueline Kazmaier, ’n gebore Namibiër, het verlede week tydens die Universiteit Stellenbosch se gradeplegtigheid die hoogste akademiese toekenning ingepalm.Sy het...

5,9% meer toeriste in 2016

2 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme blom steeds in Namibië met 5,9% meer toeriste wat die land in 2016 as in 2015 besoek het. Die minister van...