Seuntjie (3) sterf ná glo met stok geslaan is
‘n Driejarige seuntjie het Woensdag in die Otjomukandi-nedersetting in die Kunenestreke gesterf nadat sy 34-jarige tannie hom glo met ‘n stok oral op sy lyf geslaan het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die seuntjie, Penaete Muundjua, ná die voorval glo ‘n paar treë geloop, gaan sit, begin huil, onegalig asem gehaal en toe gesterf.
Die koördineerder van misdaadondersoeke in die Kunenestreek, adj.komm. Rudolf Kanyetu (foto), het aan Nampa gesê die tannie het glo die seuntjie geslaan omdat hy in ‘n boom langs die huis geklim het.
Kanyetu het bygevoeg dat die oorledene geen sigbare beserings of wonde op sy lyf het nie.
Die tannie is in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Opuwo verskyn. Die polisieondersoek duur voort.
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie