Seuns gee hokkievroue oefening
Die oefengroep van die Namibiese nasionale vrouehokkiespan staan reg vir 'n foto ná hul vriendskaplike opwarmwedstryd teen die eerste seunspan van die hoërskool St. George op die astrobaan van Windhoek Gimnasium. Die wedstryd Dinsdagaand het met 1-1 gelykop geëindig. Die vrouespan van kaptein Maggy Mengo (staande links) en afrigter Erwin Handura sal komende naweek 'n kort reeks van drie wedstryde teen Suid-Afrika in Randburg, Gauteng speel. Die eerste wedstryd is Vrydagaand om seweuur, gevolg deur die volgende dag se twee afslaantye om 11:15 en 19:30. Die kort toer dien as voorbereiding vir die 2020 Olimpiese uitduntoernooi wat van 19-27 Junie in Valencia, Spanje voorlê. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie