Seuns en meisies kan kans in Engeland losslaan
Sokker
Danksy ’n onlangse ooreenkoms wat tussen die Otjomuise Sokkerakademie en UK Pro Academy gesluit is, sal ’n delegasie van afrigters en talentjagters van laasgenoemde akademie in Leeds op 16 en 17 Maart Namibië besoek vir proewe by Sokkerhuis in Windhoek.
Die UK Pro Academy bied ’n professionele program van spelerontwikkeling aan vir diegene met die talent en aspirasies om sokker op beroepsvlak te speel.
Spelers wat by die proewe oortuig, word genooi om in Leeds gehuisves te word waar hulle professionele sokkerafrigting kry en ook aan proewe by Britse en Amerikaanse klubs blootgestel word.
Die Otjomuise Sokkerakademie se president, Sacky Elago, sê: “Hierdie is die kans van ’n leeftyd vir jeugspelers van Namibië. Ons het nog nooit so ’n besoek van ’n oorsese sokkerakademie gekry nie en die enigste manier was vir ons om na hul land te vlieg.
“Soos ’n mens kan verwag, kry ons baie kritiek van medeklubs wat sê hierdie is ’n geldmaakskema. Beroepsklubs wat sulke proefgeleenthede vir talent oral in die wêreld aanbied, vereis ’n registrasiefooi en hulle pak die reis na Namibië op hul eie onkoste aan.
“Die ander kritiek wat ook ongeldig is, is dat ons hierdie geleentheid net vir die Otjomuise Sokkerakademie oopstel. Namibië het ’n klein bevolking met beperkte geleenthede en ons sal nie die spel ontwikkel as ons die kans net tot ons akademie se spelers beperk nie. Ons is immers bewus dat daar oral talentvolle spelers nie – nie net dié wat by ons geregistreer is nie.”
Van elke speler wat wil deelneem,word ’n registrasiefooi van N$300 vereis. Hulle moet ook ’n aansoekvorm aanlyn by [email protected] aanvra, wat ingevul moet wees en saam met die registrasiefooi op 16 Maart by die venue ingehandig moet word. Geen bankdeposito’s word vereis nie en geen aansoekvorm sal by die veld beskikbaar wees nie.
Tim Summerfield, die direkteur van UK Pro Academy Ltd, sê: “Ons voel daar is soveel spelers in elke wêrelddeel wat nooit die kans kry om hul talent aan die regte mense uit stal nie. Dit is hoekom ons sulke lang reise aanpak met ons gekwalifiseerde talentjagters om die deur oop te maak vir spelers wat hul passie in ’n loopbaan wil omskep.
“Ons sien uit na ons eerste besoek aan Namibië en kan nie wag om verskuilde sokkertalent te ontdek nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie