Seun sterf in ongeluk by Otjiwarongo-asgate
’n Elfjarige seun het Dinsdag op Otjiwarongo gesterf ná ’n vullistrok by die dorp se asgate oor hom gery het.
Die ongeluk het volgens ao. Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek, omstreeks 13:20 plaasgevind.
“Die oorledene is as Petrus Kapuka geïdentifiseer,” het Mbeha aan Nampa gesê. Sy naasbestaandes is reeds van sy dood ingelig.
Die voorlopige polisieondersoek toon die oorledene het probeer om op die trok te klim terwyl dit by die asgate ingery het, maar het ’n handvatsel misgevat en geval.
Mbeha sê die seun het onder een van die vragmotor se agterste bande beland en is onmiddellik dood.
Mnr. Ismael /Howoseb, uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-munisipaliteit, was geskok om van die voorval te hore te kom.
“Dit is sleg dat dit gebeur het terwyl ons juis besig is om heinings en riooldamme op te rig om mense en diere te verhoed om die gebied te betree,” het hy gesê.
/Howoseb het inwoners gewaarsku om vir hul eie veiligheid van die asgate en riooldamme af weg te bly. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie