Seun (10) skiet glo meisie (6)
'n Kind wat na bewering sy pa se vuurwapen in die hande gekry het, het Vrydag per ongeluk 'n sesjarige meisie in Kuisebmond geskiet.
Jessica Botes - Die pa van 'n 10-jarige seun gaan van die nalatige hantering van 'n vuurwapen aangekla word ná sy seun na bewering 'n sesjarige meisie Vrydag in hul huis in Kuisebmond geskiet het.
Volgens Erongo se hoof plaaslike ondersoekkoördineerder, adjunkkommissaris Ottilie Kashuupulwa, was die seun tuis saam met vriende, die sesjarige slagoffer en haar negejarige boetie. Die voorval het om 17:00 plaasgevind.
“Die kinders het televisie in die slaapkamer gekyk waar die kluis is. Die 10-jarige seun het die kluissleutels uit 'n kas gehaal en dit oopgesluit.
“Hy het sy pa se vuurwapen uitgehaal en terwyl hy probeer het om 'n patroon te verwyder, is 'n skoot per ongeluk afgevuur en die meisie is in haar linkeroog geskiet,” het Kashuupulwa gesê.
Die meisie is na die staatshospitaal in Walvisbaai geneem en later na die staatshospitaal in Windhoek oorgeplaas. Volgens Kashuupulwa het die slagoffer haar oog verloor, maar leef sy. Die koeël is nog nie verwyder nie.
“Die pa is 'n visserman. Hy het sy seun alleen by die huis gelos toe hy see toe is.
“Die vrou wat veronderstel was om na die kind om te sien, was nog op pad na die huis toe die voorval plaasgevind het.
“Ongelukkig moet ons die pa aankla.
“Ek wil die publiek maan om nie 'n vuurwapen sonder toesig te laat nie. Hoe het hierdie kind geweet waar om die vuurwapen te gaan haal? Kluissleutels mag ook nie sonder toesig gelaat word nie. Jy moet self te alle tye in besit van die sleutels wees,” het Kashuupulwa gesê.
“Die pa sal aangekla word sodra hy aan wal kom,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie