Sestien oorleef ná minibus rol
Sestien mense het 'n ongeluk oorleef nadat die Quantum-minibus waarin hulle gery het Vrydag op die Otjiwarongo-Kalkfeld-pad omgeslaan het. Die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, het Saterdag gesê die voorval het omstreeks 18:30 plaasgevind toe die 35-jarige manlike bestuurder na bewering 'n koedoe getref het, waarna die voertuig omgeslaan en op sy dak beland het. Sy het gesê die passasiers kon daarin slaag om deur die vensters te ontsnap en het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is in die Otjiwarongo-staatshospitaal opgeneem. Die polisieondersoek duur voort.
– Nampa
– Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie