Sesjarige meisie glo verkrag

13 March 2019 | Misdaad
Tanja Bause – ’n Sesjarige meisie was die afgelope naweek na bewering een van drie slagoffers van verkragting.

Dié voorval het na wat verneem word Saterdag om 00:31 by ’n opstal in die Omhokolo-nedersetting plaasgevind.

Die verdagte is ’n 75-jarige man.

“Die man is glo geestelik gestremd en familie van haar, hoewel hy nie in dieselfde opstal gewoon het nie,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.

’n Twaalfjarige kind het glo gesien wat gebeur het en ’n tannie se hulp ontbied.

Die tannie het die polisie van die voorval in kennis gestel.

Die man is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

’n Man (23) is op Swakopmund in hegtenis geneem ná hy glo ’n 23-jarige vrou verkrag het.

Die voorval het na wat verneem word Saterdag tussen 02:24 en 04:30 in Rakotokastraat in die Mondesa-woonbuurt plaasgevind. Die polisieondersoek duur voort.

Saterdag om 06:00 is nog ’n 23-jarige vrou glo op Leonardville deur ’n 19-jarige man in die Saamstaan-nedersetting verkrag.

Die vrou het die voorval aan haar ma gerapporteer, wat die polisie daarvan in kennis gestel het. Die man is in hegtenis geneem.

’n Sestienjarige meisie is in hegtenis geneem nadat sy glo geboorte gegee het en haar baba weggegooi het.

Die voorval het glo tussen Saterdagaand en Sondagoggend in die Katjinakatjie-nedersetting plaasgevind.

Volgens die polisie het die meisie die babaseun in ’n doek toegedraai en in die bosse weggegooi.

Die meisie is in aanhouding by die Mururani-polisiekantoor en sal later in die landdroshof op Rundu verskyn.

’n Verdagte wat in verband met ’n roof deur die polisie gesoek word, is Saterdag glo deur ’n groep misdadigers ontvoer, aangerand en met messe gesteek.

Hulle het hom na bewering in die kattebak van ’n voertuig gestop en later iewers in Otjomuise vrygelaat.

Die man is in ’n kritieke toestand in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.

Volgens die polisie se misdaadverslag is die man ’n bekende rower en inbreker.

Twee mans van 31 en 25 is deur die polisie in hegtenis geneem ná hulle in besit van een olifanttand gevind is.

Hulle is Saterdag gedurende ’n polisieoperasie op die C22-hoofpad tussen Gobabis en Otjinene in hegtenis geneem. Die polisieondersoek duur voort.

Vrydag om 23:50 is ’n 29-jarige man op Mariental in hegtenis geneem ná hy glo onder die invloed van drank en sonder ’n rybewys op ’n openbare pad in die dorp bestuur het.

Soortgelyk

 

Teetyd uit soos koekies in 'n staatshospitaal

10 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die dae van 'n koekie en 'n koppie tee op 'n pasiënt se bedkassie soggens en saans is getel. Van 1 April...

Sekuriteit voor stok gekry

10 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh Onvoldoende en laat salarisbetalings, maatskappye wat nie werkskontrakte of betaalstrokies gebruik nie en sekuriteits­wagte wat slaap as hulle moet werk, of steel, is...

Een ongelukslagoffer geïdentifiseer

10 ure gelede | Ongelukke

Tanja Bause - Een van die oorledenes in die ongeluk tussen ’n sedanvoertuig en ’n nutsvoertuig, wat die lewe van ses mense Maandag tussen Windhoek...

‘Wolf in skaapsklere’ voor vir Nedbank-diefstal

10 ure gelede | Howe

'n Sekuriteitswag by die Nedbank-tak op Otjiwarongo is een van die vier verdagtes wat aangekeer is vir die diefstal van nagenoeg N$3 miljoen uit dié...

Katrina verwyder glo opposisie van lys

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting Sy het ineengestort en dit het gevoel sy is onwelkom in haar eie land. Volgens haar het die nuus haar onbedaarlik laat huil.Dít...

Weer vir 13 Maart 2019

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Weste en Suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees met enkele...

Asiatiese sementreus soek Ohorongo

10 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Die internasionale sementreus International Cement Group (ICG), met sy hoofkantoor in Singapoer, het 'n voorwaardelike ooreenkoms gesluit om Schwenk Namibia se 69,8%...

Cheetah Cement ondergaan streng gehaltetoetsing

10 ure gelede | Plaaslik

Ogone Tlhage - Die Chinees-gesteunde sementfabriek Whale Rock Cement is besig met akkreditering en sal wanneer die proses afgehandel is, in dieselfde liga as groot...

SADC-ministers vergader in hoofstad

10 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se ministeriële raadsvergadering vind Vrydag en Saterdag in Windhoek plaas. Op dié twee dae sal die SADC se...