Sesjarige glo die naweek verkrag

26 June 2019 | Misdaad
Tanja Bause - ’n Sesjarige meisie is Saterdag omstreeks 23:00 glo deur ’n 26-jarige man verkrag.

Die voorval het na wat verneem word by die Mavenge-nedersetting by Nkurenkuru plaasgevind.

’n Verdagte is in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ’n volwasse man sy 17-jarige niggie Saterdag om 14:00 in die Okakukaevelina-nedersetting op Oshikuku na bewering verkrag.

Die man is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

Twee mans van 17 en 31 het ’n 20-jarige vrou op Mariental glo om die beurt verkrag.

Dié voorval het na wat verneem word Saterdag om 22:00 in die Oshiwanapenduka- informele nedersetting plaasgevind.

Die mans is in hegtenis geneem.

Saterdag om 22:00 het ’n 22-jarige man ’n vrou na bewering in Donkerhoek op Rundu verkrag. Die vrou het glo saam met haar vriend gestap toe die man hulle genader het. Hy het die vriend na wat verneem word met ’n mes gedreig en die vrou toe verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

Huisbraak

Vrydag om 20:30 het vier verdagtes met messe gewapen glo by ’n huis in Olympia ingebreek. Hulle het die erf se staalhek oopgebreek om toegang tot die erf te kry en glo deur die agterdeur, waarin die sleutel gesteek het, toegang tot die huis verkry.

Die verdagtes het die huiseienaar in die sitkamer waar hy gesit en TV kyk het, glo oorval en sy hande en voete vasgebind.

Hierná het hulle die huis na bewering begin deursoek, na die boonste verdieping beweeg en die eienaar se vrou in die slaapkamer met ’n ysterpaal aangerand.

Skade is aan waardevolle items aangerig voor die verdagtes die egpaar met komberse bedek het.

Die TV-stel is van die muur af gehaal en in ’n voertuig gelaai, wat in die motorhuis geparkeer was.

Die verdagtes kon glo nie met die voertuig op die vlug slaan nie, omdat veiligheidswagte by die toneel opgedaag het.

Die verdagtes het na wat verneem word te voet met juwele, selfone en onbekende items gevlug.

Die polisie het ’n skootrekenaar en TV buite die huis opgetel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Selfdood

Vier mense het die afgelope naweek oënskynlik selfdood gepleeg deur hulself te hang. Dit sluit in drie mans van 22, 23 en 33, en ’n vrou van 52.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

15 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

15 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

15 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

15 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

15 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

15 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...