Ses vermeende smokkelaars kry borg

20 February 2020 | Misdaad
Ses vermeende renosterhoringsmokkelaars is verlede week in Namibiese howe op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.

Drie mans wat na bewering met twee renosterhorings en ’n AK-47-aanvalsgeweer naby die Werda-hek van die Etosha Nasionale Park vasgetrek is, het verlede Dinsdag in die hof verskyn.

Mnre. Noa Timotheus, Eliaser Amadhila en Paulus Ashingola is borgtog van N$20 000 elk toegestaan. Hul saak is tot 23 Maart uitgestel.

Twee Angolese, mnre. Jose da Cunha en Joao Alfonso, en die Namibiese burger mnr. Siegfried Kisting het verlede Woensdag in die hoofstad in die hof in verband met die onwettige besit van twee renosterhorings verskyn.

Hulle is ook op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.

Hul saak is tot 12 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Die vermeende renosterstropers mnre. Mapole Tjipopyeni, Thomas Eino, Hofni Mengeri en Petena Karure het verlede Maandag op Omaruru in die hof vir die aanvang van hul verhoor verskyn.

Hul saak is tot 17 Augustus uitgestel. Al die beskuldigdes bly in aanhouding.

Op Walvisbaai het mnre. Isak Omeb, Champion Haraseb en Petrus Damaseb verlede Maandag in die hof in verband met die smokkel van twee renosterhorings verskyn. Hul saak is tot 28 Februarie uitgestel en hulle is steeds agter tralies.

Mnre. Gideon Gao-Naseb, Timotheus Kasera, David Sheehama en ook Haraseb het verlede Dinsdag in die hof in verband met renosterstropery by Omitara verskyn.

Hul saak is tot 22 Februarie uitgestel en hulle bly in aanhouding.

IETERMAGôVELLE

Vier ietermagôvelle is verlede week deur die Namibiese polisie gekonfiskeer en ses verdagtes is in verband met die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte in hegtenis geneem.

Die vermeende ietermagôvelsmokkelaars is op Outapi, Okahandja en Otjiwarongo in hegtenis geneem.

Die Namibiese burgers, mnre. Onesmus Amukunda en Elace Luhuna is op Outapi vasgetrek, terwyl mnre. Absalom Shiwedha en Angolees Shivi Domingo Vrydag op Okahandja in hegtenis geneem is.

Mnre. Wayne Naobeb en Josef Ganeb verlede Woensdag op Otjiwarongo in hegtenis geneem is en hul voertuig is ook gekonfiskeer.

Altesaam nege vermeende wildmisdadigers is vanaf van 10 tot 16 Februarie in hegtenis geneem.

Op Katima Mulilo is die Zambiese burgers, mnre. Erick Kakope en Maleti Kandela, en Angolees Kati Chabala Saterdag in verband met die onwettige besit van ammunisie in hegtenis geneem.

Volgens die wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU), en die intelligensie- en ondersoekeenheid van die ministerie van die omgewing en toerisme, is vyf nuwe sake verlede week aangemeld.

In die week 3 tot 9 Februarie is geen wildmisdaad aangemeld nie.

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

10 minute gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

12 minute gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

51 minute gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

2 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

12 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

12 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...

Afrika saam teen Covid-19

12 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Op Afrika-dag 2020 is die tema gesondheidsveiligheid in die konteks van die coronavirus, sê die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en...