Ses vas weens beweerde hoogverraad
Denver Kisting – Ses Namibiese mans verskyn na verwagting môre (Dinsdag) in die Katima Mulilo-landdroshof ná beweerde hoogverraad.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het die mans se inhegtenisneming bevestig.
Volgens hom sal die mans ook tereg staan op klagte van aanhitsing tot openbare geweld, ’n oortreding van die Grondwet, en dat hulle ingemeng het met die polisie se werk.
Hy sê die verdagtes, wat Sondag omstreeks 09:30 by die Liselo-nedersetting buite Katima Mulilo aangekeer is, is tussen 32 en 46 jaar oud.
Kanguatjivi het voorts aangedui hy kan nie ’n Nampa-berig bevestig of weerlê waarin beweer word die mans is deel van die Caprivi Concerned Group (CCG) nie.
Lees môre die volledige berig in Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie