Ses vas oor hul glo Jan Taks kul

30 December 2016 | Misdaad
Otis Finck – Beweerde vervalste inkomstebelastingsertifikate wat tot die ongeoorloofde uitbetaling van meer as N$2,2 miljoen gelei het, het ses verdagtes gister in die landdroshof op Walvisbaai laat beland.

Die meesterbrein van dié beweerde bedrogspul, ‘n senior belastingbeampte, is egter steeds op vrye voet.

Volgens hoofinsp. Erastus Ikuyu is dit net ‘n kwessie van tyd voor die polisie haar vastrek. “Meer arrestasies word verwag,” het hy gesê.

Morne Feris (21), Henry Visagie (36), Jaqueline Imbili (44), Willemina Visagie (36), Quinton Mathews (42) en Marlon Prins (25) het hul eerste verskyning voor landdros Vicky Nicoliadis gemaak. Die klagte teen hulle is bedrog en ‘n oortreding van die Wet op Teenkorrupsie.

Een van die verdagtes is ‘n belastingbeampte by die ministerie van finansies, terwyl nog een ‘n skoonmaker is. Die oorblywende vier is medepligtiges.

Volgens Ikuyu het die verdagtes glo PAYE 5-sertifikate vervals deur name van 21 vriende en familie te gebruik. In dié proses is belasting van N$2 220 781,16 tussen 1 April 2013 en November vanjaar terugbetaal.

Die veiligheid- en risikobestuurspan van die ministerie het lont geruik, waarna forensiese kundiges ‘n interne ondersoek van stapel gestuur en die saak aan die polisie oorhandig het.

Die verdagtes is op 27 en 28 Desember in hegtenis geneem.

Familie van die verdagtes het hul hofverskyning bygewoon. Van hulle het hul skok uitgespreek, terwyl ander in die hofgange gehuil het.

Aanklaer Tuihaleni Hilikuete het borgtog teengestaan en gesê die ondersoek is in ‘n vroeë stadium. Sy het voorts aangevoer dat die verdagtes met getuies kan inmeng en verdere inhegtenisnemings kan belemmer.

Nicoliadis het borgtog geweier vanweë die ernstige aard van die klagte en groot bedrag geld wat betrokke is.

Die saak is tot 10 Januarie 2017 uitgestel.

Soortgelyk

 

Hoop in 'n bondeltjie liefde

4 ure gelede | Omgewing

Hope, die bobbejaan wat in 2016 in die nuus was nadat sy in Windhoek erg mishandel is, het ma geword. Ná sy gered is, het...

Raad ondersoek psigiater

4 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht Die Raad vir Gesondheidsbe­roepe in Namibië (HPCNA) ondersoek verskeie klagtes van onprofessionele gedrag teen 'n psigiater aan die kus.Die psigiater word onder meer...

Hanse-Himarwa gister in hoërhof

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het gisteroggend vlugtig in die Windhoek-hoërhof op aanklag van korrupsie verskyn.Tydens die verskyning...

Okanatje vir Hope

4 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause – Hope, die bobbejaan wat in Julie 2016 beseer en mishandel in Windhoek gevind is, het volkome herstel en is vandag ’n trotse...

Groot kommer oor nooddienste in Erongo

4 ure gelede | Regering

Des Erasmus - Ernstige kommer bestaan oor die beskikbaarheid en gehalte van munisipale nooddienste in die Erongo-binneland ná ‘n geknelde vrou se ure van ontbering...

Weer, Vrydag 20 April 2018

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en warm, maar baie warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle in die oggend.GETYE BY WALVISBAAI: H 06:10...

Kalender 20 April

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied verskeie poppekaskonserte aan. The Dilemma of Manie Ant is vanaand en môre op...

Bewoners van rivierbedding verskuif

4 ure gelede |

Maria EisebDie Windhoekse munisipaliteit gaan inwoners van die informele nedersetting waar 'n ma en haar seuntjie hul lewens as gevolg van 'n kitsvloed verloor het,...

Indiensnemingstelsel hersien

4 ure gelede | Ministeries

Ellanie Smit'n Skamele 20% van die 15 569 werksoekers, wat deur middel van die Namibië Geïntegreerde Indiensneminginligtingstelsel (NIEIS) tydens die 2017-'18-boekjaar geregistreer, het werk gekry.Die...