Ses mense verdrink oor naweek
Riviere en poele water dwarsoor die land eis hul tol.
Tanja Bause – Ses mense het die afgelope naweek in die Noorde, Suide en die hoofstad in riviere en poele water verdrink.
Twee kleuters het Vrydag om 15:00 by die Onakatambilili-nedersetting op Ondangwa in ’n waterput verdrink.
Die oorledenes is die eenjarige Godfrey Shimwele en die tweejarige Brakias Nanyemba. Omstandighede rondom die verdrinkings word nog deur die polisie ondersoek.
Volgens die Namibiese polisie se verslag het die negejarige Alweendo Kamakela in ’n dam verdrink toe hy probeer visvang het.
Die voorval het Vrydag om 18:00 naby die Gekombineerde Skool Ondeka by die Onaame-nedersetting in die Omusatistreek plaasgevind.
’n Leerling aan die Primêre Skool Mandume in Katutura het Vrydag saam met vyf ander leerlinge van dieselfde skool in ’n rivier gaan swem en verdrink.
Daar woord beweer die 12-jarige Innocent Shimbundje het in ’n rivier agter Namib Mills in Klein Windhoek ingespring met die doel om te swem, maar het verdrink.
Die liggaam van die 50-jarige me. Veikolina Frans Tutaleni is deur haar 12-jarige kleindogter in ’n poel water gevind.
Volgens die polisie het sy Saterdag om 09:00 haar huis by die Okantonge-nedersetting in Onayena verlaat om na die cuca-winkel toe te gaan.
Sy het nie weer teruggekeer nie en haar liggaam is die volgende dag deur haar kleindogter gevind.
Die liggaam van die 36-jarige mnr. George Gowaseb is Sondag in ’n rivierbedding by Schlip gevind. Die polisie vermoed hy het verdrink.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie