Ses mense sterf op Namibiese paaie
Bees in pad eis vier lewens
Augetto Graig - Ses mense het die naweek op paaie in die land omgekom.
Vrydag om 12:30 het die eerste gru-ongeluk van die naweek vier lewens geneem toe die bestuurder van ''n silwerkleurige nutsvoertuig sowat 15 km van Ondangwa by die Oshapapa-nedersetting vir ''n bees uitgeswaai het.
Die 66 jarige mnr. John Nakaambo se voertuig het toe trompop teen ''n bakkie gebots wat na Ondangwa onderweg was.
Die bestuurder van die bakkie, mnr. Martin Mafita, is op slag dood, asook drie van sy ses passasiers. Hulle is mnre. Fried Wilpard (35), Thomas Mafita (11) en me. Hilma Shikalakuti (46). Die oorlewende passasiers is met ernstige beseringe in die Onandjokwe-hospitaal opgeneem.
Wilpard en Shikalakuti was polisiebeamptes wat onderskeidelik by die Narraville- en Kuisebmond-polisiekantoor gewerk het. Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.
Sowat anderhalfuur later by die Engoyi-nedersetting sowat 40 km van Ondangwa, het die bestuurder van ''n regeringsbakkie beheer oor die voertuig verloor en in twee winkeltjies vasgejaag.
''n Klant (32) in een van die winkeltjies is getref en is met ernstige beseringe na die Onandjokwe-hospitaal geneem. Die 28-jarige bestuurder en sy 19-jarige passasier het ligte beserings opgedoen.
Saterdag kort voor 09:00 het ''n kleuter haar lewe verloor toe ''n sedanvoertuig haar op die Gobabis-Otjinenepad by Drimiopsis raakgery het. Sonelia Goeieman (4) was saam met twee maatjies en hulle wou die pad oorsteek. Sy het die eerste maatjie oor die pad gevolg, maar die voertuig het haar getref en sy is dood. Die ondersoek na die voorval duur voort, maar die 32-jarige bestuurder is nie in hegtenis geneem nie.
Later dieselfde dag is die 31-jarige mnr. Hendrick Seueeko Kasaona dood toe die bakkie waarin hy van Opuwo na Sesfontein gereis het, omgeslaan het. Die 29-jarige bestuurder het blykbaar beheer oor die voertuig verloor. Twee ander passasiers is ernstig beseer en ontvang behandeling by die Oshakati-staatshospitaal.
Later is vasgestel dat die bestuurder sonder ''n geldige rybewys bestuur het. Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie