Ses leeus in drie weke afgemaai

Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan alle voorvalle waarin leeus noord van Etosha doodgeskiet is, ondersoek.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het 'n ondersoek van stapel gestuur nadat die bekende sakeman van die Noorde, mnr. David Kambwa, drie leeus noord van die Etosha Nasionale Park doodgeskiet het.
Volgens die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het Kambwa Sondag een leeu en Maandag nog twee doodgeskiet. Daar sal ondersoek word of Kambwa in besit van 'n jagpermit en vuurwapenlisensie is.
"Ons ondersoek onder watter omstandighede Kambwa die leeus geskiet het en ons wil vasstel of hy die leeus wettig gejag het. As ons nie oortuig is van sy reaksie nie, sal daar 'n geleentheid wees om 'n kriminele saak oop te maak en klagte aanhangig te maak," het Muyunda gesê.
"Ons veroordeel die onlangse skiet van die leeus, want dit is sonder die ministerie se toestemming gedoen. Ons ondersoek al dié voorvalle en as 'n leeu sonder goeie rede of nie volgens wetgewing geskiet is nie, sal sake teen verdagtes oopgemaak word en sal hulle van die onwettige jag van beskermde spesies aangekla word."
Lofliedere én kritiek is Kambwa toegeswaai op sosiale media nadat hy Sondag 'n leeu in die Ongandjera-weigebied doodgeskiet het wat glo twee van sy pa se beeste gevang het, en nóg twee leeus Maandag naby die Uutsathima-nedersetting van die Omusatistreek.
Foto's van 'n glimlaggende Kambwa met 'n jaggeweer in elke hand en die karkasse van die twee leeus op die grond het leeuliefhebbers ontstel, maar boere sê basta met die leeus wat hul beeste opvreet. Boere word net met N$1 500 per kop deur die ministerie van die omgewing en toerisme vergoed as 'n roofdier 'n bees vang.
Dié ministerie loop ook deur onder fel kritiek met mens-dier-konflik wat noord van die Etosha Nasionale Park in 'n kookpot ontaard. Boere kla oor die haglike toestand van die heining aan Etosha se noordekant.
ETOSHA SE HEINING
Muyunda het bevestig dat die einste Kambwa in 2011 deur die ministerie gekontrakteer is om die heining reg te maak. Die minister, mnr. Pohamba Shifeta, het onlangs gesê die heining is net 30% voltooi weens "probleme met die kontrakteurs wat nie aan die tenderspesifikasies voldoen het nie".
Al maan die ministerie van die omgewing en toerisme boere voortdurend om nie reg in eie hande te neem nie, is ses leeus al die afgelope drie weke deure gemeenskappe noord van Etosha afgemaai, sê Muyunda.
Volgens boere is meer as 20 beeste die afgelope maand in die gebied van Omutambomawe en Uutsathima deur leeus wat uit die park ontsnap het, gevang.
Muyunda het gister gemeenskappe langs die park weer eens gewaarsku om nie leeus of enige ander wild voor die voet te skiet nie, maar om gevalle van mens-dier-konflik dadelik aan die ministerie te rapporteer.
"Gemeenskappe moenie veeposte naby Etosha vestig of hul vee naby die park laat wei nie. Beeseienaars moet ook verseker dat hul beeswagters na hul beeste kyk. Beeste moet oornag in sterk krale gehou word," het die woordvoerder gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%