Ses damme voller as 100%

Nog vloedwaarskuwings oor Zambezi, Oranje

24 February 2021 | Weer
Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die oostelike Zambezi-vloedvlaktes instoot.

Nasionale damme se gemiddelde stand oraloor die land is nou 88,4%, vergeleke met verlede jaar dieselfde tyd toe dié gemiddeld op 35% gestaan het. Boonop is nog twee ander damme tans voller as 99%.

Volgens NamWater se jongste damverslag is die gemiddelde stand van damme in sentrale dele van die land tans 96,2%, met die Von Bachdam wat op 87,1% die “leegste” op die sentrale lys is en altesaam 41,388 miljoen kubieke meter (Mm³) water bevat.

Daarteenoor staan die Omatakodam op 100,3% (en bevat 43,628 Mm³ water) en die Swakoppoortdam op 99,6% (63,257 Mm³).

Ander, maar veel kleiner damme in sentraal-Namibië soos die Friedenaudam asook die Goreangabdam hou tans onderskeidelik 99,6% (6,693 Mm³) en 100,3% (3,630 Mm³) water.

Die suide se Nautedam staan op 103,4% (86,394 Mm³), terwyl die Hardapdam ook tans 73,5% (216,4101 Mm³) water bevat – die meeste wat vir dié dam toegelaat word. Die Neckartaldam is tans presies 100% (857,000 Mm³) vol.

Die Oanobdam is 100,3% (34,613 Mm³) vol. Die veel kleiner Dreihuk- en Bondelsdam is onderskeidelik op 44,4% (6,872 Mm³) en 46,6% (0,514 Mm³).

Die Ooste se damme, met 'n gemiddelde stand van sowat 43,4%, vergelyk beter as verlede jaar toe dié gemiddeld op 17,6% gestaan het. Gobabis se Tilda Viljoen- en Daan Viljoendam bevat tans onderskeidelik 80,4% (0,984 Mm³) en 100% (0,429 Mm³) water.

Die Ooste se grootste dam, die Otjiverodam, is tans 59,1% (5,800 Mm³) vol, met sy slikdam wat tans 14,8% (1,152 Mm³) water bevat.

Die Olushandjadam is nou 15% (6,834 Mm³) vol en die Omatjennedam 0,9% (0,044 Mm³).



RIVIERE

Intussen het Namibië se hidrologiese diens in 'n vloedverslag opnuut gewaarsku dat gemeen­skappe in die omgewing van die Zambezirivier asook die laer Oranjerivier bedag op vloede moet wees.

Die Zambezirivier by Katima Mulilo hou aan om skerp te styg, het me. Pauline Mufeti, hoof van hidrologie by dié diens, in Maandag se verslag gesê. Sy het bygevoeg dié rivier vloei reeds 5,58 m diep en het intussen sy walle begin oorstroom.

“Die water stoot tans in die oostelike Zambezi-vloedvlaktes in,” waarsku sy. Sy het bygevoeg die vloei van water in die Oranjerivier by Blouputs het tot 1 492 m³ per sekonde gedaal, maar die vloei is steeds sterk as gevolg van goeie reënneerslae wat in die boonste opvangsgebiede ontvang is.

Dienooreenkomstig het damme water uitgelaat, wat insluit die Vaaldam, waarvan vlakke Maandag op 102,5% gestaan het. Wateruitlatings vanaf dié dam is tot 250,7 m³ aangepas. Terselfdertyd was die Bloemhofdam se vlak 104% op Maandag en is wateruitlatings tot 500 m³ per sekonde verminder.

“Die Vanderkloofdam se vlak het ook tot op 104,7% gedaal en dit het oorgeloop teen 347 m³ per sekonde,” het sy gesê.

“Die vloei van water in die Kunene- en Kavangorivier bly laag dié tyd van die jaar,” het Mufeti gesê.– [email protected]

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

11 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

11 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

11 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

11 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

11 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

11 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...