Ses beseer in ongeluk naby Otjiwarongo

25 March 2019 | Ongelukke
Ses mense het ‘n ongeluk oorleef toe die voertuig waarin hulle op reis was vroeg vanoggend suid van Otjiwarongo die pad verlaat en omgeslaan het.
Volgens die polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha het die bestuurder van die sewesitplekbussie ‘n botsing met die voertuig voor hom probeer vermy wat skielik vir ‘n koedoe gestop het wat in die middel van die pad gestaan het. Die bestuurder het uitgeswaai waarna die voertuig die pad verlaat en vyf keer gerol het. Die bestuurder en ‘n 25-jarige passasier het ernstige beserings opgedoen.
Die ongeluk het sowat 41 kilometer suid van Otjiwarongo plaasgevind. Die beseerdes is in onderskeidelik die staatshospitaal in Otjiwarongo en die Katutura-staatshospitaal in Windhoek opgeneem. Vier mans het ligte beserings opgedoen. - Nampa

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...