Senior werknemer van Rundu-stadsraad vas
'n Senior werknemer van Rundu se stadsraad is verlede Donderdag deur die Namibiese Polisie (Nampol) in hegtenis geneem.
Die werknemer, wat van Zimbabwe af kom, dien as omgewingsgesondheidsbeampte en is omstreeks 16:00 deur die polisie en immigrasiebeamptes in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette.
Die werknemer se naam is bekend aan Nampa, maar word weerhou. Sy word na bewering aangekla van oortreding van die Wet op Plaaslike Owerhede van 1992.
Mnr. Linus Neumbo, ’n privaatondersoeker, het die inhegtenisneming aan Nampa bevestig.
"Sy was ’n senior werknemer by die raad en die beskuldigings is ernstig. Tans is sy onskuldig tot sy skuldig bevind word," het Neumbo verduidelik.
Hy het gesê die feite wat tot haar inhegtenisneming gelei het, is baie duidelik.
Sy het 'n werkspermit wat duidelik stel sy mag slegs vir die stadsraad werk, sê hy.
"As die voorwaardes sê dat sy slegs vir die stadsraad mag werk, moet sy aansoek doen vir die verandering van omstandighede, wat sy nie gedoen het nie," het Neumbo gesê.
Die werknemer was na bewering betrokke by die stig van 'n maatskappy en het glo haar posisie gebruik om tenders by die raad te verwerf.
Sy is in 2010 aangestel en het na bewering ook ander private werk met haar werkspermit gedoen. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie