Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog
? Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband hou. Dit is deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoof vir ondersoek en vervolging, mnr. Neels Becker bevestig. Die vier verdagtes verskyn vandag in die landdroshof op Rehoboth.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie