Sendingkerk herdenk 50 jaar

11 July 2017 | Gemeenskap
Die Evangeliese sendingkerk op Rehoboth vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar.
Op 17 Julie 1967 het gemeentelede besluit om op hul eie bene te staan – 147 jaar nadat hulle vanaf De Tuine en Amandelboom as volk op die dorp aangekom het met die doel om die evangelie te verkondig,.
“Vandaar dan ook die naam: Evangeliese sendingkerk; ’n kerk wie se opdrag sending is, om die evangelie aan alle nasies te verkondig,” het Karl Heinrich Campbell namens die kerk gesê.
Volgens hom het die stigtersleraar van die kerk, ds. Bernhardt Benjamin de Klerk, saam met ds. Samuel Morkel en ander lidmate die voorreg gehad om op Sondag 24 Oktober 1999 die eerste mense van Rehoboth te wees om ná 130 jaar weer ’n erediens op die stigtingsgronde van hul voorgeslagte te hou.
“Die gemeente se voorgeslagte het Paasfees 1870 hul eerste Nagmaalsviering op Rehoboth gehou. Daarom sal ons nie vergeet uit watter boom ons gekap is en uit watter Rots ons gebeitel is nie. Dit is ’n monument! Op 7 Mei 2000 het die besondere voorreg ons te beurt geval met die onthulling van die monument op Sam Khubis. Daar het ons die ‘bloedgrond’ van ons voorgeslagte wat van De Tuine se kerkgrond kom, op die terrein gestrooi waar die helde van die Bastervolk op 8 Mei 1915 geval het. Met daardie simboliese taak het ons uiteindelik tuisgekom,” het hy gesê.
Die afgelope 50 jaar het ’n hele aantal leraars die gemeente gelei: Ds. B. B. de Klerk, ds. Samuel Morkel, ds. Petrus Beukes en ds. P. D. Cloete. Die eerste drie was die strydrosse wat die kerk deur moeilike driwwe en deur die ergste groeipyne getrek het. “Om baie kampvure en in alle dienste van ons geliefde kerk sal ons altyd hoed afhaal vir hulle,” het Campbell gesê.
“Bogenoemde leraars en ds. C. A. J. Beukes is reeds tot ’n hoër diens geroep. Dii F. C. J. Stanley en J. M. Gorrah was twee staatmakers wat ons die droë seisoene bygestaan het. Tans het ons kerk ses diensdoende leraars, naamlik ds. H. Morkel, ds. S. M. McNab (me.), ds. F. W. D. McNab, ds. C. C. Engelbrecht, ds. J. D. Beukes en ds. J. S. Fortuin (me.). Daar is ook drie studente wat hul studies voltooi het en besig is met hul praktiese vikarjaar en wag om beroep te word, asook een tweedejaarstudent,” het hy gesê.
Van ’n skrale groepie lidmate het die kerk tot 13 gemeentes vanaf die Weskus tot in die Verre Suide uitgebrei.
In terme van die herdenking sal dit volgens die organiseerders vanaf 16 tot 23 Julie ’n heuglike en feestelike tyd wees. Op Saterdag 22 Julie word ’n sangfees gehou waaraan al die gemeentes deelneem. Daarvoor is die lied “Vyftig jaar” deur een van die koorleiers geskryf.
’n Gedenknaald is reeds beplan wat op Rehoboth by die Moedergemeente opgerig gaan word.
“Dit beloof om ’n wonderlike geleentheid te wees om vir die Hemelse Meester dankie te sê vir Sy groot genade oor ons!” het Campbell afgesluit.

Soortgelyk

 

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

22 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’

22 ure gelede | Tuisblad

Ronelle Rademeyer – Groot dele van die Suide is vanoggend (Saterdag) sopnat.Die Facebook-blad Reën in Namibia van Philip Deetlefs is die ene jubelsange van dankbaarheid...

Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af

1 dag gelede | Regering

Pres. Hage Geingob open Woensdag om 14:30 die Nasionale Vergadering se verrigtinge vir die jaar. Dit sal die negende sitting van die sesde parlement inlui.Die...

Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder

1 dag gelede | Onderwys

Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se registrasiefooie is met N$2 000 van N$4 200 tot N$2 200 verminder. Dit volg nadat ouers en...

Man sterf in ongeluk naby Rehoboth

1 dag gelede | Ongelukke

‘n Man is Woensdag op slag dood nadat die voertuig waarin hy op reis was, die pad verlaat en omgeslaan het. Volgens die polisie se...

Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees

1 dag gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - “Ons kan almal baie dankbaar wees vir die Grondwet wat ons geskryf en eenparig aanvaar het. Namibiërs se vryheid en beskerming lê...

Groter stoom vir TransNamib

1 dag gelede | Vervoer

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die nasionale spoorwegonderneming TransNamib het ’n nuwe raad en strategiese besigheidsplan aangekondig waarmee die onderneming ’n nuwe rigting...

NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het alle geld ontvang wat aan studente vir 2018-’19 uitbetaal moet word. Volgens die fonds het die verwerking...

Weer, Vrydag 8 Februarie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonning en bloedig warm in die verre noordweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele tot wydverspreide donderbuie.KUS:...