Sending Mars2020
Sending Mars2020

Sending Mars2020

Francoise Steynberg
’n Nuwe tuig word ontwerp en gebou wat in 2020 na Mars gestuur sal word.
Nasa het aangekondig die sending bekend as Mars2020 se tuig sal in Februarie 2021 by die planeet aankom. Dit sal spesifiek ondersoek instel na ’n gebied op die antieke Mars waar mikroskopiese lewe dalk kon voorgekom het.
Dié terrein is gekies danksy werk met die tuig Curiosity wat tans op die planeet is en die wenteltuig wat steeds om die planeet beweeg.
Die nuwe voorstel vir die sewe instrumente aan boord is gekies uit 58 voorstelle wat van oral in die wêreld ontvang is. Die nuwe tuig sal baie lyk soos Curiosity wat een ton weeg en ses wiele het, maar nuwe en beter instrumente sal aan boord wees, het Geoffrey Yoder, waarnemende mede-administrateur van Nasa se wetenskapdirektoraat, in ’n verklaring gesê.
Dit sal onder meer die eerste ondersoek doen na die bruikbaarheid en beskikbaarheid van Mars se bronne, insluitende suurstof, ter voorbereiding van bemande sendings. Dié sending sal ook 30 buisies met Marsmateriaal versamel en op spesifieke plekke laat sodat dit later opgetel kan word om na die aarde terug te bring.
Volgens ’n verklaring van Nasa sal daar twee instrumente aan boord wees wat na tekens van vorige lewe sal soek. Dit sal die chemiese, minerale, fisiese en organiese samestelling kan bepaal en dié data kan terugstuur. Radar wat onder die oppervlak kan kyk, sal ook ingespan word.
Saam met die kameras sal daar ook ’n mikrofoon wees om vir die eerste keer die klanke van Mars op te neem.
Net soos Curiosity sal dié nuwe tuig op ’n unieke manier land. Daarvoor is ’n ruimtehyskraan ontwerp. Die tuig wat Curiosity dra, moet in die laaste sewe minute spoed verminder van 5 900 m/sek. tot 2,7 m/sek. sodat dit op sy pote op die grond kan land.
Nadat vuurpyle en valskerms hiervoor gebruik is, sal die hyskraan bó die tuig ontplooi word. Die hyskraan sal die tuig dan op Mars neersit en wegbreek. Dr. David Gruel, assistentvlugingenieur, het gesê dié keer sal die landing met klank en al opgeneem word. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!