Semifinale van Running World Cup uitgestel

27 March 2020 | Sport
Organiseerders van die wêreldwye aanlyn fiksheidsreeks Runningworldcup.com het geswig voor die nasionale noodtoestande wat in die oorblywende vier lande teen die coronavirus ingestel is.

Die twee semifinale wat dus vir komende naweek bestem was – Namibië teen Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk teen 'n groepering van “Kleiner Europese Lande” – is onbepaald uitgestel.

“In die lig van die huidige situasie rakende Covid-19 het ons die moeilike besluit geneem om vanjaar se Vitality Running World Cup tot verdere kennisgewing uit te stel. Ons weet dat dit vir vele van julle teleurstellende nuus sal wees, maar die gesondheid en welstand van elke deelnemer is ons hoogste prioriteit,” word op hul webblad verklaar.

“As 'n wêreldwye virtuele hardlooptoernooi was ons voorneme om voort te gaan op grond van die unieke voordeel dat deelnemers geensins byeen hoef te wees nie. Nogtans word strenger maatreëls toenemend deur nasionale en plaaslike owerhede en regerings wêreldwyd ingestel en dit is bloot reg dat ons die kompetisie uitstel tot ná die pandemie – as 'n weerspieëling van die erns van die situasie waarin ons almal verkeer.”

Die 48-uurtydsduur van môre en Sondag sou gedien het as die afgemete periode waartydens enige deelnemer van die oorblywende vier lande steeds kon registreer en kilometers aflê wat dan vir hul land se totaal bygetel sou word. Registrasie op die webblad en die gebruik van 'n slimfoon om jou vordering te meet, is die enigste basiese vereistes.

Namibië het sover vriend en vyand verras deur die topvier uit meer as 200 deelnemende lande te haal, deurdat hy in die ronde van 16 verby die Filippyne gevorder het (bevolking 104.9 miljoen) voordat hy laas naweek in die semifinaal vir Tunisië uitgeskakel het (bevolking 11.5 miljoen).

Suid-Afrika het tot dusver van die beste statistiek in die reeks gehandhaaf en het in die uitklopfase eers die VSA en daarna Chili uitgeskakel om tot die halfeindronde deur te dring.

“Ons bedank elkeen vir hul ondersteuning en dat julle deel is van 'n waarlik internasionale kompetisie. Ons het sover gesien hoedat 391 000 mense van 234 lande as deelnemers registreer.

“U betrokkenheid het daartoe bygedra dat meer as 150 000 kinders deur inentings die kans op 'n beter lewe gegun word, danksy Unicef en Vitality se aansporings van hardloopteikens wat deur deelnemers gehaal is.

“Ons hoop om gou weer terug te wees om te kan hardloop. Tot dan, bly veilig.”

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...