Semifinale sal witwarm hitte bereik

Die fisieke en taktiese stryd tussen die vier topklubs met hul onderskeie sterk punte gaan beslis kykgenot verskaf.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Selfs sonder hul spelers wat met nasionale verpligtinge afwesig is, bly dit 'n hoogs gesogte prys vir rugbyklubs om in die premierliga-eindstryd van die Namibië Rugby-unie (NRU) betrokke te wees.

Intensiteit van niks minder as 100 persent nie is dus in die vooruitsig vir môre se lank verwagte semifinale van beide die premierliga en ook die reserweliga.

In die Hage Geingob-stadion word die tafel môre gedek met die kragmetings tussen die tweede spanne van FNB Unam en Rehoboth (13:30)gevolg deur FNB Wanderers II teen FNB Western Suburbs II (15:20) in die reserweliga.

Die groot oomblik is om 17:10 wanneer die span wat boaan die premierliga geëindig het, FNB Unam I, teen die vierde geplaaste Rehoboth-rugbyklub opgeweeg word.

Die uitklopstryd tussen FNB Wanderers I en Trustco United I om 19:00 sal 'n herontmoeting wees nadat die Wit Hingste verlede jaar die eind­stryd met 30-22 beklink het.

Niemand verwag dat die enigste klub van buite die hoofstad, Rehoboth, vir 'n opskudding teen die giftige Unam kan sorg nie. Nietemin het die Rooi Bulle vanjaar die respek van elke opponent dubbel en dwars verdien en hul vermoë is bewys om selfs vir Unam tot in die diep water te sleep.

Rehoboth se afrigter, David Philander, sê: “Ons is op vol sterkte; net 'n paar manne wat die week eers weer begin oefen het nadat hulle vir 'n week of twee uit was met griep.

“Ek het nie Unam se laaste ­groepwedstryd laas naweek (92-20 teen Reho Falcon) gekyk nie. Ek verwag 'n wedstryd wat vir die volle 80 minute in die weegskaal gaan wees. Dit gaan beslis action packed wees en ons sal moet opdaag as ons 'n kans wil staan.

“Maar in dieselfde asem back ek my manne 200%; ek weet van waar hulle kom en hulle is honger vir daai beker.”

• Sy ervare Unam-eweknie, Johan Diergaardt, se span het oor die afgelope weke indrukwekkende momentum opgebou en lyk soos tevore in staat om in die tweede helfte met enige teenstand weg te hardloop.

Die onbeskikbaarheid van die senters Camlo Martin (vroeër die spankaptein) en Clyde Besser het die deur geopen vir die enigste relatiewe onbekende gesig in die 12-trui.

“Camlo is 'n vlieënier en het 'n werkverpligting, terwyl Clyde met sy huweliksherdenking uitstedig sal wees. Maar Johnny Mwenyo, lid van vanjaar se Namibiese o.20's, het laas naweek baie goed gevaar teen Reho Falcon. Hy was ook 'n staatmaker vir ons tweede span en ek het volle vertroue in hom,” sê Diergaardt.

Afgesien van die slot Enzio Kotzee (griep) kon Diergaardt andersins op sy beproefde kombinasies staatmaak.

“Ek verwag 'n groot poging van Rehoboth. Hulle het vanjaar groot verbetering getoon en hulle het ons in albei ontmoetings goed uitgedaag. Die span wat vir 80 minute konsentrasie kan behou en kop hou, sal die pyp rook.”

Rehoboth-rugbyklub: 15 Xavier van Wyk, 14 Paulus Hangula, 13 Hillian Beukes, 12 Henrique Olivier, 11 Julian Afrikaner, 10 Ascher Coetzee, 9 Howard Titus, 8 Chemigan Beukes, 7 Johann Wohler (kaptein) , 6 Udo Mall, 5 Titus Mathias, 4 Elroy van Wyk, 3 Delano Coetzee, 2 Jeandre Cloete, 1 Kevin Cloete.

Reserwes: Chester Diergaardt, Carl-William Freygang, Grant Cloete, Francois Visagie, Lloyd van Wyk, Chase Diergaardt, Brandon Dentlinger.

FNB Unam: 15 Lorenzo Louis, 14 Paolo Andrews, 13 Milaan van Wyk, 12 Johnny Mwenyo, 11 Shareave Titus, 10 Renier Benade, 9 Sunday Haitembu, 8 Cameron Langenhoven, 7 Berry Gande (kaptein), 6 Gilad Plaatjies, 5 Rheinhardt Carelse, 4 Simon Haitembu, 3 Graham April, 2 Bigman Kaura, 1 Aleck Botha.

Reserwes: Shaun van Wyk, Hauta Veii, Kami Mieze, Simon Kanime, Roaldo Rittmann, Cameron Klassen, Delron Brandt.

WANDERERS TEEN UNITED

Beide dié klubs het vanjaar op die ander een se veld gewen en soos altyd word 'n botsing tussen twee fisieke agttalle en vaardige agterlyne afgewag.

United se afrigter, Robbie Dickson, het tevore in 'n private gesprek verras toe hy Niël van Vuuren uitgewys het as die eerste speler wie se naam hy in sy Namibiese Wêreldbekerspan vir 2019 sou neerskryf.

Tensy iets onvoorsiens gebeur, gaan Van Vuuren een van die ongelukkiges wees wat nié die reisgroep van 31 spelers na Japan haal nie. Ondanks stewige vertonings in sy agt toetse bly hy nommer vier op die ranglys van Namibiese hakers, ná Torsten van Jaarsveld, Louis van der Westhuizen en Obert Nortjé.

Van Vuuren is vrygestel vir die naweek en kan dus sy briljante vertoning in die derby-sege by Wanderers herhaal, toe United met 58-31 gewen het.

“Niël is 'n aanwins vir enige span waarvoor hy speel. Hy is kliphard en sy toewyding is duisend persent. Sy vermoë om die bal doeltreffend te dra en dan ook die donkiewerk te doen, is wat hom 'n uitstekende flank óf haker maak,” sê Dickson.

United se giftige skrumskakel Herman Stroh is vanweë persoonlike verpligtinge nie beskikbaar nie, terwyl Dickson ook sonder twee ervare losvoorspelers is.

“Morné Blom was ná sy besering by die Welwitchias nog nooit weer be­skikbaar of in aanspraak nie. Shaun van Rooi is ook uit weens 'n knie- en dyspierbesering wat hy nie afgeskud kry nie.

“Ons enigste ander besering is die agterspeler Donovan van Wyk wat onlangs 'n klein operasie ondergaan het, maar hy is op ons bystandslys in geval van nood.

“Ons verwag 'n titaniese stryd teen Wanderers. Dit is altyd 'n groot stryd tussen die twee klubs. Ons skuld hulle een ná laasjaar se finaal ...

“Dis maar 'n moeilike seisoen, veral met die verlengde tye tussen wedstryde. Met die feit dat ons tweede span uit is, kon ek darem staatmaak op oom Karel Olivier vir baie insig en raad oor die aftye.

“Dit bly moeilik om werkende spelers by die oefenveld te kry, veral as hulle weet daar is nie wedstryde nie, maar die kern van die spelers het 'n goeie drie weke se kondisionering agter die blad.

“Ons kon ook baie tyd bestee aan die foute wat ons wedstryde gekos het deur die jaar en ook om ons sterk punte nog te verbeter.

“Ons het vir Niël van Vuuren, Jason Benade en Thomas Kali terug van die nasionale groep af, wat baie gaan help. Die primêre fokus is om vir ons agterlyn skoon bal te gee.

“As afrigter kan 'n mens altyd net hoop dat ongeag die resultaat die spelers hulself geniet en net hul beste gee vir mekaar en die gemsbok op hul bors.”

• Vince Dreyer se heersende kampioenspan het nie vanjaar deurlopend hul beste rugby gespeel nie, maar sal graag die groot oomblikke wil wen.

Die gereelde kaptein en stut Quintin Esterhuizen en haker Stefan Hattingh is gevoelige verliese om op die krukkelys te hê, maar in Nian Berg (kaptein van laas jaar se wenspan) en Petri Burger kon die Hingste darem op stewige manne se knoppie druk wat ook in onlangse weke op dreef was.

Christo van der Merwe, Peter Diergaardt, Marnus van Wyk (almal beseer) en Stef Botha is ook nie daar om die Filistyne voorlangs aan te vat nie.

“Ons is maar met die rug teen die muur. Afgesien van 16 spelers in die nasionale groep, het ons nog tien spelers wat nie semifinaal kan speel nie, van wie ses gereelde eerstespan-voorspelers.

“So, ons is maar taamlik in die moeilikheid teen die sterk pak voorspelers van United. Maar ons ouens sal attitude hê en sal kliphard speel vir hierdie een,” voorspel Dreyer.

Trustco United: 15 Darryl Vries, 14 Carlton Stevens, 13 Henry Kandjou, 12 Martin Cronjé, 11 Michael Hummel, 10 Hanreco van Zyl, 9 Pieter Janse van Vuuren, 8 Dean Blom, 7 Naudé Neethling, 6 Niël van Vuuren, 5 Jandré Lamprecht, 4 Winmar Rust (kaptein), 3 Jason Benade, 2 Gerhard Thirion, 1 Chris Swanepoel.

Reserwes: Jonathan Goliath, Thomas Kali, Kangautjivi Venoumoa, Greyling Koopman, Jan Theron, Felix Humphries, Tos Blaauw.

FNB Wandererers: 15 Jamie Joseph, 14 Elmarco Beukes, 13 Bredell Wessels, 12 Brandon Groenewald, 11 Léan Stoop, 10 Mahco Prinsloo, 9 Dian von Solms, 8 Riaan de Klerk, 7 Dirk de Meyer, 6 Driaan Vorster, 5 Brendan Nortjé, 4 Kevin Vorster, 3 Ignus Tripodi, 2 Petri Burger, 1 Nian Berg (kaptein).

Reserwes: Shaun du Preez, Frans van Wyk, Stefan Neustädt, NG Swart, MP Pretorius, Tuna Amutenya, Nandi Karuuombe.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%