Selfsug maak mens eensaam
Noudat ons Valentynsdag verby gekry het en oorleef het, gaan ek dit sê: Ons samelewing is obsessed daarmee om nie alleen te wees nie.
Ons is só bang vir alleenwees, dat dit al amper ’n vloekwoord geword het.
Since when is dit so erg om nie getroud of in ’n verhouding te wees nie? En hoeveel mense is in verhoudings net omdat hulle bang is om alleen te wees? Die ironie is mense in ongelukkige verhoudings is in elk geval alleen. Én eensaam.
Mens is eintlik altyd alleen, nie noodwendig eensaam nie, maar alleen – veral in jou grootste oomblikke.
Niemand kan jou regtig help om hierdie lewe binne te kom of te verlaat nie. Ja, daar’s ’n span dokters, of familie wat jou hand vashou, maar die groot oorgang maak jy alleen. Jy was nege maande lank alleen in die baarmoeder, jy’t jou eerste skooldag alleen aangepak, alleen jou bestuurslisensie gekry, alleen deur jou troudag gegaan, alleen gekraam, alleen jou been gebreek, alleen jou maagdelikheid verloor; jy doen elke dag jou werk alleen en jy gaan alleen huis toe.
Selfs al is jy deur mense omring, is daar niemand wat saam met jou in jou kop kan wees nie.
Niemand kan ooit alles van jou weet of alles omtrent jou verstaan nie. Niemand kan jou ooit 100% liefhê of ondersteun nie.
Dis ook nie baie slim om dit enigsins te verwag nie.
Maar voor almal nou te depressed raak, lees verder . . .
In ’n sekere opsig, die een wat ek verkies, is ons eintlik nooit alleen nie. Of eensaam nie.
Ek het ’n teorie oor eensaamheid: Selfsug maak mens eensaam.
Ek sê nie almal wat eensaam is, is selfsugtig nie, maar: Mense wat nie empatie met ander het nie, vereensaam.
Hoe dieper jou meegevoel met jou medemens, hoe minder eensaam sal jy wees. Empatie verbind jou outomaties en op ’n diep vlak met alles om jou. Hoe meer selfsugtig en selfbehep jy is, hoe eensamer sal jy wees.
As jy nie jou mond lank genoeg kan hou vir iemand anders om te praat nie, gaan niemand met jou wil praat nie, dan sál jy alleen en eensaam wees. As jy ’n swak luisteraar is, gaan niemand met jou wil praat nie, en sal jy eensaam wees. As jy altyd dink jou probleme is groter as die res van die wêreld s’n, sal jy eensaam wees. As jy jouself afsonder en na niemand uitreik nie, en net vir jouself omgee, sal jy eensaam wees.
As jy in jou eie klein boksie sit en al jou gedagtes kaats terug na jóú toe, vereensaam jy.
Maar as jy besef ons is almal op een of ander manier connected, is dit byna onmoontlik om alleen óf eensaam te wees.
Bloot net om ’n soogdier te wees, verbind ons reeds met ’n reusedeel van die diereryk.
Toe ek swanger was, het ek op ’n vreemde manier baie empaties teenoor alle dragtige perde, koeie, wilde diere, katte, honde en selfs dolfyne gevoel. Ek het voortdurend ’n stille, maar baie sterk band met hulle gevoel.
Ek het selfs van haaie begin droom wat my oppas (ja, ek weet haaie is glo nie soogdiere nie).
Dit was asof ek een van hulle is. Ons ís tog diere, hoe kan ons nié met ander diere ’n band hê nie? En hoe kan ons nié met ander mense ’n band hê nie? Ons ís tog mense ook? Ons weet tog hoe dit voel om lief te hê, om oor jou kind te worry, om bang te wees, moeg te wees, opgewonde te wees of verwerp te voel. Hoe kán ons dan alleen voel?
Vir die kort tye wat ek honger is, het ek ’n band met die res van die aardbewoners wat ook op daai oomblik honger is. Wanneer ek trots is op my kind, het ek vir daai oomblik ’n band met almal wat ook in daai oomblik trots op hul kinders voel.
Wanneer ek swaarkry, voel ek baie alleen en dink soms niemand verstaan my omstandighede nie. Wat ’n selfsugtige gedagte. Wanneer ek swaarkry, het ek waarskynlik juis ’n band met meer mense as wanneer ek gelukkig is en alles voor die wind gaan.
Dis dalk harde woorde, maar hierdie is my stuiwer in die armbeurs.
Swaarkry is nie uniek nie, en empatie help mens daaruit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie