Selfs die jeug is bekommerd oor 'hubbly'-pype

Die gebruik van die hookah-pyp (hubbly bubbly-pyp) onder jongmense wek ernstige kommer onder oud én jonk. Republikein het met jongmense van verskillende Afrikalande hieroor gesels.
Karin Eloff
Telwin !Owoseb - Namibië

“Hoekom is dit in die eerste plek ingevoer en aanvaar? Dit moes nie ingebring gewees het nie. Dit vernietig die jeug en dit is 'n geloof van die ­Oosterse lande en nie van Afrika nie. Die jongmense sit drank, dwelms en dagga in die pyp om te rook en dit is 'n groot bekommernis vir die ouers. Hulle dink hulle lieg vir hul ouers maar terselfdertyd vernietig hulle hulself. Die pyp moet met al sy geure totaal en al verbied word. Dit is nie deel van die Afrikakultuur nie. Iets wat as kultuur in ander lande gebruik word, kan nie deel van ons ­kultuur gemaak word nie. In Namibië is daar nie meer tradisionele goed nie. Ons mense gebruik goed met 'n verkeerde doel. Laat die hubbly orals uit wees - veral uit skooltasse uit. Dit is bloot dagga, dwelms en drank wat in 'n mooi ding voorkom.”



Munashe Mtutsa - Zimbabwe

“Die jeugdiges wat die hookah-pyp gebruik, moet die probleem self oplos. Ek dink die jeug moet eie inisiatief neem en dinge vir hul ontwikkeling doen. Ek dink die druk van die groepe waarin hulle beweeg moet ook nie 'n uitdaging vir hulle wees nie.”



Sumaiya Moses - Suid-Afrika

“Daar is nie 'n negatiewe gevoel oor die gebruik van die hookah-pyp en die sosialisering van die jeug rondom die pype nie. Dit is ook deel van kommunikasie vir jongmense. Dit is wel nie die beste ding nie, maar die beheer daarvan en die doel waarvoor dit gebruik moet word, is nie wat die jeug doen nie.”



Ronald Badubi - Botswana

“Dit is 'n nuwe kultuur wat die jeug aangeleer het. Ek het nie 'n probleem daarmee dat dit gebruik word nie, maar my grootste bekommernis is die middels wat nie toelaatbaar is nie, wat gebruik word. Wie sal nie wil ­eksperimenteer nie? Hulle sal beslis wil uitvind - veral om deel van die kring te wees.”

Josao Tolojanahary - Madagaskar

“Elke jongmens wil 'n ding self ervaar, maar dit sal baie slim wees om dinge te kan beheer. Die pyp word verkeerd gebruik. Dit is nie goed vir die gesondheid nie en dit is nie nodig om 'n gewoonte daarvan te maak nie. Ons aanvaar goed wat nie vir ons gemaak is nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!